Die grootste deel van Suid Afrika is in ʼn somerreënval area, November tot Maart, terwyl die Weskaap die meeste van sy reën kry gedurende die winter, Mei tot Augustus.
Oor die meeste van Suid Afrika is daar ʼn definitiewe reënval patroon van reën wat meerder word van die weste na die ooste. Dit word geïllustreer deur die jaarlikse reënval verskil tussen Port Nolloth aan die weskus 50 mm, en Richardsbaai 1000 mm, op dieselfde lengtegraad aan die ooskus.
Die binnelandse plato van die Oos Vrystaat, KwaZulu-Natal, Ooskaap en Mpumalanga Provinsie ontvang omtrent die meeste reën in die vorm van donderstorms en konvektiewe reën. Hierdie konvektiewe reën ontwikkel omdat al die bogenoemde areas genoeg hitte in die somer het. Konveksie reën kortliks opgesom is die warm klam lug wat opstyg, afkoel en kondenseer en dan in die vorm van donderstorms reën.
In die weste van Suid-Afrika is die reënval laag omdat daar nie genoeg vog in die atmosfeer is vir konvektiewe reën om te ontwikkel nie. Daar is geen noemenswaardige orografiese reën effek in die berge langs die westelike platorand nie. Dit is omdat die lug uit die koue seestroom nie die meeste vog hou nie en die kus winde parallel waai met die berge. Orografiese reën word gevorm wanneer klam winde opgedwing word teen die kant van 'n berg.
Die hoogste reënval areas in Suid-Afrika ontstaan in die oostelike en suidelike berge soos die Drakensberge, van Limpopo, deur Mpumalanga en KwaZulu-Natal na die noordelike dele van die Oos-Kaap. Ander berge met 'n hoë reënval sluit die Outeniquaberg, berge van die Suid-Kaap en die Winterberg en Amatola-berge, in die sentrale dele van die Oos-Kaap in. Die hoë reënval in die berge is te danke aan orografiese reën.
Die orografiese reën in die berg areas is baie belangrik vir besproeiing in droëer landbou areas wat partykeer honderde kilometers ver weg geleë is. Die reën wat afloop van die Drakensberg/Maluti Berge van Lesotho en die Oos-Kaap word gevoed deur tonnels om die sentraal en laer Oranjerivier areas te besproei.
ʼn Goeie voorbeeld van orografiese reën kan gesien word rondom Alice in die Oos-Kaap. Die gemiddelde jaarlikse reënval by Alice aan die voetheuwels van die Amatola-berge is omtrent 500 mm, maar by Wolfridge in die berge is die jaarlikse reënval omtrent 1700 mm. Die mees drastiese reënval kom voor by Wemmershoek in die berge bo Franschhoek in die Wes-Kaap, waar die gemiddelde reënval jaarliks meer as 3000 mm is.
Die hoë reënval in KwaZulu-Natal en die noord-oostelike dele van die Oos-Kaap is as gevolg van die vogbelaaide lug wat ingebring word deur die warm Mozambiek stroom. Daar vorm somstyds tropiese siklone in die gebiede, wat verwoestende reën en oorstromings veroorsaak.
Die winter reën van die suid-westelike en suid Kaap word gebring deur siklone en koue fronte. Koue fronte nader die Wes-Kaap van die weste en gaan bo-oor die provinsie in 'n oostelike rigting. Hierdie koue fronte bring dae van sagte reën, maar die amptelike reënval in hierdie areas is laag. Die hoofrede vir die lae reënval is dat die klam lug van die koue oseaan af kom, wat lae verdampings vlakke veroorsaak.
Diep Valleie
ʼn Belangrike geografiese reënval verspreidingspatroon kom voor in die diep valleie van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal. Hierdie warm valleie het ʼn baie laer reënval as die plato areas. As gevolg van die hoë temperature in die vallei, is daar ʼn hoë tempo van transpirasie, plante wat water verloor en verdamping, wat dan besproeiingslandbou vereis.
In die Sondags Rivier Vallei by Addo in die Wes-Kaap is die jaarlikse reënval slegs rondom 390 mm, en die hoogste temperatuur in Suid-Afrika is aangeteken by Kirkwood op 55ºC. In die diep Keiskamma Rivier Vallei is die gemiddelde reënval van slegs 390 mm by Dank den Goewerneury aangeteken, maar net buite die diep vallei is 500 mm by Middeldrift aangeteken.
Droogtes in die middel van die Somer
Somerreënval gebiede word opgedeel in vroeg, middel en baie laat somer reënval areas. Dit dui die maand wat die reënval op sy hoogtepunt is aan, en nie wanneer die somer reën begin nie.
Die sentrale Oos-Kaap het ʼn belangrike, spesiale somerreënval patroon met ʼn klein hoogtepunt in die lente en ʼn taamlike groot hoogtepunt in die laat somer/herfs tydperk. Tussendeur is daar ʼn droogte in die somer. Lae reënval en baie hoë temperature plaas groot spanning op die groeiende somergewasse.
Boere moet planne en strategieë in plek te hê om verliese en skade aan gewasse te voorkom gedurende die tydperke wat daar minder water voorraad beskikbaar is.
Nie-deurskynende spuitmiddels mag waterverliese deur transpirasie beperk. Hulle kan egter baie duur wees en negatiewe sy-effekte hê, soos die vermindering van fotosintese. In uiterste gevalle kan bome teruggesny word om die blaaroppervlakte te verminder en sodoende transpirasie te beperk. Tydends die verskriklike droogte in Letsitele, Limpopo in die 1980s is hierdie metode op die sitrus bome toegepas.
Translated by Wilma Koeppen