Raap Gewasbestuur

© Louise Brodie

Wisselbou

Wissel rape met gewasse wat nie van die Cruciferae familie is nie af. ’n Driejaarlikse rotasie word aanbeveel. Alternatiewelik moet daar verseker word dat daar streng gewas beskermingsprogramme toegepas word.

Opbrengs - Ton per Hektaar

Konserwatief: 15 ton
Gemiddeld: 25 ton
Goed: 40 ton

Oes

Rape word met die hand of meganies geoes. As die blare, of turnip greens soos dit genoem word, geoes word moet slegs die buitenste blare afgesny word sodat die binneste deel nog kan groei. Om dehidrasie en verwelking te voorkom moet dit so gou moontlik na ’n koel plek met ’n relatiewe hoë humiditeit geneem word. Die raap word met wortel en al uitgelig en die fyner wortels en blare word afgesny. ’n Stam van omtrent 10 cm word aan die bokant van die raap gelos om dehidrasie voor verkoeling te verminder.

Berging

Rape kan by ’n temperatuur van 0.5 - 2°C en ’n relatiewe humiditeit van 95% vir tot vier maande lank gestoor word.

Siektes en Plae

Vir die gepaste bestryding van siektes en plae is dit raadsaam om die aanbevelings van u plaaslike landbou-voorligtingsbeampte of u chemiese maatskappy se adviseur te volg.

Plae

Algemene plae is plantluise (aphids), snywurms (cutworms), diamantruitrugmotte (diamondback moths), aalwurms (nematodes), wortelvlieë (root maggots) en draadwurms (wireworms).

Siektes

Algemene siektes is swartstam (blackleg fungus), swart wortelvrot (black root rot), dikvoetsiekte (cubroot), donsskimmel (downey mildew), landmeters (loopers), poeieragtige skimmel (powdery mildew), roes (rust), Rhizoctonia en Sclerotinia swambesmetting.

Translated by Ananda Schoeman