Prei Gewasbestuur

© Louise Brodie

Wisselbou

Preie het nie dieselfde hoeveelheid voeding as ander gewasse nodig nie. Dit kan dus na die meeste ander groente aangeplant word. Omtrent enige ander gewas, behalwe uie en boontjies, kan na preie aangeplant word.

Opbrengs (ton per hektaar)

Konserwatief: 15 ton
Gemiddeld: 25 ton
Goed: 40 ton

Oes

Oestyd hang van die grootte en tipe prei wat vir die mark benodig word af. ’n Volgroeide prei se wit stingel is 120 – 150 mm lank en 20 – 30 mm in deursnee. Sagter jong preie word geoes as dit ’n deursnee van 10 – 15 mm het.
By kommersiële boerderye word preie meganies geoes. Die moderne masjiene maak die grond los en sny die prei se wortels net onder die wit gedeelte af. Die prei word dan uit die grond gelig en die boonste blare effens afgesny. Preie kan ook met die hand geoes word indien genoeg arbeid beskikbaar is. Die grond word dan effens met ’n vurk losgemaak en die prei uit die grond getrek.
Die wortels word tot ongeveer 10 mm lank afgesny waarna die preie gewas en in kratte verpak word om in ’n koel area te stoor voordat dit vir die mark gesorteer en verpak word.

Berging

Die preie kan vir tot drie maande by ’n temperatuur van 1 - 2°C en ’n relatiewe humiditeit van 85% + gestoor word. Indien dit gestoor word moet dit so gou moontlik na oestyd in ’n koelkamer gebêre word.

Plae

Algemene plae is plantluise (aphids), snywurms (cut worms), slakke (snails) en blaaspootjies (thrips).

Siektes

Algemene siektes is Phytophthora, roes (rust) en wit bol-vrot (white rot).
Vir die gepaste voorkoming en bestryding van siektes en plae is dit raadsaam om die aanbevelings van u plaaslike landbou-voorligtingsbeampte of u chemiese maatskappy se adviseur te volg.

Translated by Ananda Schoeman