Petit Verdot

© Glenneis Kriel

Naam

Petit Verdot

Beskrywing

Petit Verdot is ’n swart druifvariëteit wat tradisioneel gebruik word vir Bordeaux versnitwyne. In Frans beteken die naam ‘die klein groen een’, wat dui op die moeite om die korrels ryp te kry tydens koel klimaatstoestande. Die oorsprong is onbekend, maar daar word beweer dat dit van die Albanese variëteit Balisca kom of van ’n mutasie tussen wilde druif spesies.

Oorsprong

Alhoewel die oorsprong onbekend is kom dit voor asof Petit Verdot al langer as Cabernet Sauvignon in Bordeaux in die suidweste van Frankryk geproduseer is.

Hierdie variëteit was vir lank meer gewild in Bordeaux as Cabernet Sauvignon, maar die produksie uitdagings en ryp-word probleme het die gewildheid laat afneem. Die filloksera (wortelluis) plaag in die laat 1800’s en erge ryp in 1956 het produksie in Frankryk laat afneem.

Ander Name

Hierdie variëteit is ook bekend as Petit Verdau, Petit Verdot Noir, Verdau, Bonton Blanc, Bouton, Carmelin, Heran, Lambrusquet Noir, Verdot en Plant de Palus.

Produksie in Suid-Afrika

Welgemeend Wine Estate het in 1975 die eerste Petit Verdot wingerdstokke aangeplant. Na die invoer van meer belowende Franse klone in die 1990’s styg die gebied onder produksie in Suid Afrika steeds.

Produksie Streke

Die aanplantings van Petit Verdot het sedert die 1990’s aansienlik gegroei, met Suid Afrika wat byna 750 hektaar in 2016 onder produksie het. Die variëteit word in al die wynstreke gevind, met die grootste area Stellenbosch en dan die Paarl en Robertson.

Groei

Petit Verdot is ’n vinnige groeier met ’n kruipende aard. Dit het ’n hoë opbrengs potensiaal van 20 – 28 ton per hektaar.

Oestyd

Die druiwe word laat mid-seisoen ryp, vanaf die einde van Februarie tot die middel van Maart.

Druiwekorrels

Petit Verdot het klein, ronde korrels met ’n ferm dop wat blouswart word as dit heeltemal ryp is. Indien die klimaatstoestande nie ideaal is nie is die korrels saadloos en groen.

Blare

Die medium tot groot donkergroen blare is langwerpig en vyflobbig.

Siektes en Plae

Petit Verdot is vatbaar vir witroes en donsskimmel. Dit het volop sonlig nodig om die optimale kleur en rypwording potensiaal te bereik.

Gebruik

Die getal enkel variëteit Petit Verdot wynproduksie neem steeds toe in Suid Afrika. Dit word ook gebruik om Bordeaux versnitwyne soos Cabernet Sauvignon, Merlot, Cabernet Franc of Malbec te maak.

Smaak

Petit Verdot het oor die algemeen ’n bessie of neut smaak. Indien die wingerde blootgestel word aan die hoë hitte gedurende Februarie kry dit ’n intense vrugtige geur. Dit is ’n donker wyn met ’n persswart rand.Translated by Ananda Schoeman