Pelargonium Sidoides

© Peganum
Pelargonium sidoides is 'n klein, meerjarige kruid met knolwortels. Sy algemene name sluit in swart pelargonium, kalwerbossie en ‘red rabas’ 'rababamamien en ‘umckaloabo'. Dit het ligte aromatiese, fluweelagtige blare en byna swart blomme. Dit is ‘n bekende medisyne plant in Suid-Afrika. Dit het bewys, veilige en effektiewe behandeling van akute lugweginfeksies, soos byvoorbeeld brongitis, tonsillofaryngitis, sinusitis en die verkoue baie voordelend is.
P. sidoides is in 1897 deur Charles Henry Stevens in Brittanje bemark as 'n behandeling vir TB. Dit was bekend as "Steven’s Cure" maar is ontwikkel na die ontwikkeling van 'chemiese' antibiotika. Verskeie studies bevestig P. sidoides se antibakteriese aksie. Dit kan ook gebruik word vir die behandeling van infeksies soos hoes, koors, seer keel, asook moegheid en swakheid. Infusies van die knol word gebruik om dysenterie en diarree te behandel. Etanoliese uittreksels word gebruik in 'n eie kruie-tinktuur, bekend as Umkaloabo™. Die plant word tradisioneel deur Zoeloe-mense gebruik om gonorree, diarree en dysenterie te behandel.
Oesery behels die opgrawing van die risome (horisontale ondergrondse stamme). Dit word dan gesny en uitgedroog. Pelargonium sidoides groei in Suid-Afrika in die Oos-Kaap (endemies tot die Amathole-streek), die Vrystaat en Gauteng provinsies. Dit word gepropageer uit steggies en groei in alkaliese, goed gedreineerde grond in ‘n sonnige posisie.

Mediese Vrywaring

Die inligting is slegs vir opvoedkundige en inligtingdoeleindes. Dit mag nie as mediese advies geïnterpreteer word nie, en is nie bedoel om mediese advies of behandeling te vervang wat deur gesondheidswerkers aangebied word nie.

Translated by Hazel Oliver