SQLSTATE[HY000]: General error: 144 Table './aatc/tiger_page_view' is marked as crashed and last (automatic?) repair failedOriganum Gewasbestuur

Origanum Gewasbestuur

Opbrengs - ton per hektaar per jaar

©Louise Brodie
Konserwatief
Vars: 10 ton
Droog: 1 ton
Olie: 10 to 20 liter
Gemiddeld
Vars: 20 ton
Droog: 2 ton
Olie: 25 to 30 liter
Goed
Vars: 30+ ton
Droog: 3+ ton
Olie: 50+ liter

Oes

Origanum word beide met die hand en meganies geoes, afhangende van die grootte van die onderneming. By kleiner produksie-eenhede en kweekhuise word dit met die hand gedoen.
Vars produksie: Begin oes vroeg in die oggend terwyl dit nog koel is. Die vars groeipunte kan so vroeg as agt weke na uitplanting van die saailinge begin.
Droë produksie: Sodra daar genoeg blare is om te oes, kan takkies afgesny word vir droë origanum produksie. Die vegetatiewe groei word geknip net voor volle bloei begin wanneer die olievlakke op hul hoogste is. Die lote word dan met 'n lugdroeër teen 30°C gedroog, of deur die kruie in bossies vir 21 dae in 'n goed geventileerde area uit die son te hang. Moenie die lugdroeër warmer as 30°C stel nie, want dit sal die olie uit die blare haal, en dan gaan al die smaak en geur verlore.
Essensiële olie produksie: Die beste essensiële olies word gemaak deur die origanumblare te oes en distilleer net voor die plante in volle bloei gaan en wanneer die olies in die plant op hul skerpste is. Die tweede oes van die eerste seisoen lewer normaalweg meer plantmateriaal en olie.

Storing

Vars produksie: Stoor vars origanum nadat dit geoes is teen 1-2°C. Die origanum kan vir ongeveer twee weke gestoor word. Die relatiewe humiditeit in die stoorarea moet bo 95% gehou word om ontwatering te voorkom. Vars kruie verloor hulle kulinêre geur vinnig, dus is dit die beste om vars gesnyde origanum so gou as moontlik te bemark en te gebruik.
Droë produksie: Die gedroogte blare word so spoedig moontlik in lugdigte houers verpak sodat die kleur en geur behoue bly. Stoor dit teen ongeveer 10°C. Die gedroogte origanum kan ook gevries word in verseëlde verpakking.
Essensiële olie: Essensiële olies moet in 'n droë, donker en koel ruimte gestoor word vir 'n jaar tot 18 maande na bottelering. Na hierdie tydperk begin die olies hul sterkte en geur verloor.

Plae

Mealy bugs, snout beetles, spider mites, thrips, leaf rollers en miners

Siektes

Alternaria, powdery mildew, root rots en rust is algemene probleme.
Aromatiese kruie soos origanum het gewoonlik minder plae en siektes, maar dit is die beste om 'n stelsel vir gewasbeskerming in plek te hê, soos aanbeveel deur 'n voorligtingsbeampte of 'n landboukundige. Die plaaslike chemiese verkoopsagente het gewoonlik die regte programme, of kan inligting verskaf oor die beste raadgewers in die omgewing.

Translated by Rentia Pretorius