Oorwegings vir Varkhokke vir Varke

©Dr Jim Robinson
Varke moet gehuisves word of ten minste in omheinde areas bly om hulle te beskerm teen siektes, parasiete, diefstal en roofdiere en ook om te verhoed dat hulle gewasse en tuine beskadig, siektes versprei of wegloop. Goeie behuising sal ook sorg dat diere gemaklik is wat weer stres verminder en gesonde varke en goeie groei kan verseker.
©Glenneis Kriel
Roofs should be raised to allow good lighting and free air circulation in houses.
Volgens Danie Visser se boek ‘Modern Pig Production’ kan nuwe varkhokke meer as vyf en twintig keer duurder wees as die gemiddelde nuwe huis in Suid-Afrika. Die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie (SAVPO) het die volgende wenke vir nuwe varkboere om te oorweeg voordat in 'n nuwe varkboerdery belê word:

©Glenneis Kriel
Earth camps might be okay if the camps are large enough so pigs have a dry spot to sleep.
Koste van varkhokke:Moderne strukture is uiters duur, daarom kan dit beter wees om met 'n paar varke te begin om te verseker dat jy jou vaardighede as varkboer bemeester voordat jy 'n groot belegging in moderne hokke maak. Wanneer die belegging gemaak word, hou die koste van beide die infrastruktuur en produksiekoste in gedagte om te verseker dat die boerdery lewensvatbaar gaan wees. Dit sou die moeite werd wees om ‘n kenner te raadpleeg oor jou boerderybeplanning.
Boumateriaal: Varke kan vernielsugtig wees, so kies boumateriaal soos staal en sement wat lank sal hou.

©Dr Jim Robinson
Walls can be constructed from almost any locally available material, such as wood.
Ontsnap-bestand: Mure of heinings moet verkieslik fondasies hê (of in die grond gesink wees) en versterk word rondom die basis om te verhoed dat varke ontsnap. Varke grawe graag en kan maklik onderdeur ‘n muur of heining ontsnap. Mure sal varke teen moontlike bedreigings soos knaagdiere, parasiete en roofdiere beskerm.
Skuiling: Varkhokke moet skuiling verskaf teen somer-hitte, reën en koue winde.
Maklik skoonmaak: Dit moet maklik wees om die struktuur skoon te maak. Soliede vloere en ‘n effense helling help vir maklike dreining van afloopwater. ‘n Oop (buitelug) kamp moet groot wees en genoeg vloermateriaal (grond) hê om oormaat water te absorbeer. Die varke moet egter wel skoon modder hê om in te bad.

©Dr Jim Robinson
Some pigs can thrive in simple fenced or walled camps with shelter, or open pens that provide roofed and walled areas.
Ventilasie: Onderdak varkhokke (binneshuis) moet ontwerp word om goeie lug ventilasie te verseker, wat sal help om respiratoriese probleme te voorkom. Moderne varkhokke het klimaatbeheer-tegnologie, maar meer eenvoudige hokke het vensters of oop panele.
Ruimte: Elke vark moet genoeg spasie hê om gemaklik te wees. Vir binneshuise varke beteken dit sowat 1m² per 100 kg lewende massa. Varke wat buite woon het nog meer ruimte nodig, minstens 15m² vir buite-sôe. Oorbevolking sal lei tot bakleiery, die byt van sterte en swak groei. Met genoeg ruimte, sal die varke ‘n toiletplek ver van hulle slaapplek verkies ensal die meeste van die vloeroppervlak droog en skoon bly.
Veilig: Daar moet geen skerp voorwerpe of spykers uitsteek wat die varke kan seermaak nie en die vloer moet nie glad wees nie. Die struktuur moet ook ontwerp word om beserings te voorkom.
Toegang: Daar moet 'n hek by elke hok wees om maklike beweging van varke en werksmense in en uit die hokke toe te laat.

Translated by Hazel Oliver