Olywe

© SA Olive

Suid-Afrikaanse olyfprodusente fokus op premium-kwaliteit produkte soos ekstra suiwer olyfolie en diversifiseer hul produktereeks met waardetoegevoegde olyfolieprodukte soos olyftapenades en velsorgprodukte.

Olyfboerdery in Suid-Afrika is hoofsaaklik vir die produksie van olyfolie, hoewel twee-derdes van Suid-Afrika se olyfoliebehoeftes ingevoer word, meestal uit Spanje.

Die algemeenste olyfvariëteit wat in Suid-Afrika aangeplant is, is Frantoio, met 749 ha, hoewel die aanplantings besig is om te verminder ten gunste van ander variëteite soos Coratino en FS18. Die olyfvariëteit Mission is die tweede mees aangeplante variëteit in Suid-Afrika met 659 ha, en word gebruik vir beide olyfolie as tafelolyfproduksie.

Translated by Elna Van Rhyn

Olyfolie, Suid-Afrika

Olyfolie is afkomstig van die vrugte van die olyfboom (Olea europaea), wat inheems is aan lande rondom die Mediterreense See....more

Olyfolie in Suid-Afrika

Die olyfoliebedryf is steeds baie klein en kan slegs voorsien aan ongeveer ‘n derde van Suid-Afrika se behoeftes, maar ons voer tog ‘n b...more

Produksie van Olyfolie

Suid-Afrika produseer hoë kwaliteit, maar relatiewe lae volumes olyfolie, skaars genoeg om aan ‘n derde van eie behoefte te voorsien....more

Olyfprodukte, Suid-Afrika

Olywe is veelsydige klein vruggies en word gebruik om ‘n verskeidenheid waarde-toegevoegde produkte te maak afgesien van olyfolie – die ...more

Die Olyfolieproses

Olyfolie word geproduseer uit olywe wat heel gepars word. Olyfbome kom natuurlik voor in die Mediterreense gebied waar die winters gematig e...more