Lietsjie Produksie

© Bruno Navez

Lietsjies is 'n tropiese vrug wat sy oorsprong in China het waar daar al eeue mee geboer is. Alhoewel Suid-Afrika tydens 'n goeie jaar een van die top 10 lietsjie produsente ter wêreld is met 'n produksie van 8 000 ton is dit nog ver agter China se 200 000 ton wat hul 2018 produksie-uitset was.

Lietsjie Produksie Areas in Suid-Afrika

Lietsjies groei goed in die warm, vogtige en rypvrye gebiede van subtropiese streke in Suid-Afrika veral die noordoostelike dele.

Van Suid-Afrika se lietsjie produksie kom 60% van die warm Laeveld gebied van Mpumalanga van dorpe soos Nelspruit, Hazyview en Malelane. Nog 38% van lietsjies in Suid-Afrika kom van Limpopo - Tzaneen is 'n groot lietsjie produserende dorp - en die res van ander gebiede soos die KwaZulu-Natal Provinsie.

Die totale area wat met lietsjies geplant is in Suid-Afrika het in 2016 oor ʼn gebied van 1 124ha gestrek.

Lietsjie Seisoene in Suid-Afrika

Die lietsjie seisoen in Suid-Afrika begin in die middel van Oktober in die vroeë dele van Malelane en Komatipoort in Mpumalanga het sy hoogtepunt in Desember en eindig rondom die einde van Februarie met vrugte wat gepluk word in Nelspruit, Tzaneen en Louis Trichardt.

Suid-Afrika se Lietsjie Statistieke

Die produksiesyfers van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF) se verslag, die "Suid-Afrikaanse Lietsjie Mark Waarde Ketting" wat in 2017gepubliseer is het aan die lig gebring dat van die jaarlikse produksie van 8 411 ton sowat 55% uitgevoer word en 32% verwerk word. Die balans van 13% word aan die Suid-Afrikaanse markte verkoop, baie daarvan deur informele handelaars. Van die uitvoer gaan sowat 90% na die Europese Unie veral na Nederland.

Die waarde van die 2016 lietsjie uitvoere was R760 miljoen. Die 2018/2019 oes van ongeveer 4 800 ton was merkbaar laer in vergelyking met die van die 10 400 ton wat in 2017/2018 geproduseer is. Dit is hoofsaaklik te danke aan ongunstige weerstoestande tydens die blomtyd en die verspreiding en vrugte ontwikkeling in die vroeë produksie streke van Mpumalanga.

Lietsjie Produksie Wêreldwyd

Omtrent 96% van die wêreld se lietsjie produksie is van die Noordelike Halfrond met China, Taiwan, Viëtnam, Thailand en Indië die belangrikste produsente. China is die belangrikste lietsjie produsent in die wêreld en dra by tot sowat 70% van die wêreld se produksie.

Afrika, Australië en Madagaskar is suidelike halfrond produsente. Australië het die langste lietsjie-seisoen en kan lietsjies vanaf Oktober tot vroeg in April produseer terwyl Madagaskar die wêreld se grootste verskaffer van lietsjies na Europa is. ʼn Groot deel van Madagaskar se lietsjie produksie is van wild-groeiende bome en is feitlik plaagdoder-vry.

Geskiedenis van Lietsjie Boerdery

Die lietsjie is inheems aan die suidelike dele van China en die noorde van Viëtnam en word al daar vir eeue gekweek. Dit het na Indië in die 1700's versprei en het waarskynlik uitgebrei na die weste na die ontdekking daarvan in China deur 'n Poolse sendeling. Lietsjie verbouing het in die Wes-Indiese Eilande in 1775 begin en is in die vroeë 1800's in kweekhuise in Brittanje en Frankryk gekweek.

Lietsjies is waarskynlik aan Suid-Afrika in die 1870's bekend gestel vanaf Mauritius waar die lietsjie kultivars wat tans gegroei word vandaan kom. Die eerste lietsjie boom is in die Botaniese Tuine van Durban geplant en het daarvandaan na die rypvrye gebiede van Mpumalanga en Limpopo versprei.

Die Suid-Afrika Lietsjie Produsente Assosiasie (SALGA) is in 1975 gestig. SALGA help met lietsjie navorsing wat produsente met tegniese en markverwante kennis ondersteun en nuwe lietsjie markte ontwikkel.

Translated by Wilma Koeppen