Lemoenpampoentjie Oesbestuur

© Louise Brodie

Gewasrotasie

Dis normaalweg goed om ‘n drie, tot vierjaar rotasiesiklus te handhaaf. Anders sal streng grondberoking en gewasbeskermingspraktyke gevolg moet word. Die beste praktyk is om ‘n landboukundige te raadpleeg vir advies rakende rotasie of risikovermindering.

Opbrengs - Ton per Hektaar

Konserwatief: 12 ton
Gemiddeld: 20 ton
Goed: 30 ton

Oes

Lemoenpampoentjies word met die hand geoes. Gebruik ‘n skerp mes of snoeiskêr om die stingeltjie van die lemoenpampoentjie netjies af te sny. Laat ‘n 15 mm tot 20 mm stukkie van die stingel aan die lemoenpampoentjie, omdat dit help met die opberging en verhoed dat siektes die lemoenpampoentjie binnedring. Groot produsente gebruik oesplatforms om die lemoenpampoentjies uit die land te verwyder. Lemoenpampoentjies word ook op hierdie platforms op die land verpak.

Berging

Lemoenpampoentjies moet nie vir lang tydperke geberg word nie omdat hulle geel vlees begin uitdroog. Hulle moet in ‘n koel en droë plek geberg word en nie vir langer as drie weke nie. Babaskorsies moet by koeler temperature geberg word met ‘n effens verhoogde relatiewe humiditeit. Omdat die vrug nog onvolwasse is, behoort dit so gou moontlik geëet te word voordat die skil verhard. Aangesien lemoenpampoentjies vir die grootste deel van die jaar iewers in Suid-Afrika gekweek kan word, is berging eintlik nie nodig nie. Hulle moet net geproduseer word volgens aanvraag.

Peste

Dopluise, Kommandowurms, Bolwurm, Mis-/snywurms, Nematodes, Spinnekopmyt, Blaaspootjies.

Plae

Alternaria, Blaarvlek, Bakteriële verwelksiekte, Downey mildew, Fruit Rot, Fusarium verwelksiekte, Mosaïek Virus, Phytophthora, Witroes.
Dis die beste om ‘n kenner van peste en plae te raadpleeg sodat ‘n behoorlike oesbeskermingsprogram uitgewerk kan word vir die beplande oes, die produksietydperk en die produksiestreek.

Translated by Elna Van Rhyn