Knoffel Gewasbestuur

© Louise Brodie

Wisselbou

Dit is raadsaam om gewasrotasie toe te pas sodat peste verminder kan word. Brassicas (byvoorbeeld kool en mosterd) of tamaties werk goed, maar vermy die plant van ander alliums en bolgewasse. As rotasie nie moontlik is nie, moet beroking en meer rigiede plaagbestryding toegepas word.

Opbrengs (ton per hektaar)

Konserwatief: 8 ton
Gemiddeld: 10 ton
Goed: 15 ton

Oes

Knoffel word gewoonlik vyf tot ses maande na planttyd geoes. Soos oestyd naderkom sal die blare begin hang, bruin word en doodgaan. Sodra omtrent 50 % van die blare dood is, kan die knoffel geoes word. Knoffel word met die hand of meganies geoes. Die knoffelbol moet eerstens losgemaak word. As daar met die hand geoes word moet die bol eers met ’n vurk losgemaak word.
Die knoffelbolle moet sonder om die stammetjie te beskadig heel uitgelig word. Dit voorkom siektes en dehidrasie. Die meganiese proses is dus baie vinniger. Sodra dit geoes is, moet die knoffel in goed geventileerde bakke gebêre of in bondels in koel, goed geventileerde areas gehang word. Na ’n paar dae word die wortels en blare van die knoffelbolle verwyder en dit vir gradering en berging weggestuur.

Berging

Knoffel kan vir tot 6 maande in ’n koelkamer by 0°C en ’n relatiewe humiditeit van 60% gestoor word. Die houers waarin die knoffel gestoor word moet lug vrylik deurlaat.

Plae

Algemene plae is blaaspootjies (thrips), aalwurms (nematodes), snywurms (cutworms) en pienk stamboorders (pink stalk borers).

Siektes

Algemene siektes is donsskimmel (downy mildew), bruinroes (brown rust), Fusarium vrot (Fusarium rot), blouskimmel (penicillium mould), pienk wortelvrot (pink root rot) en blaarvlek (leaf blight).

Translated by Ananda Schoeman