Hoe Coronavirus Versprei

Daar is net een ding wat jy moet verstaan oor hoe die COVID-19 Coronavirus versprei.

Die Coronavirus is ‘n groot familie virusse wat lugweginfeksies veroorsaak wat mag strek vanaf die gewone verkoue tot ernstiger siektes soos die Middle East Respiratory Syndrome (MERS) en Severe Acute Respiratory Syndrome (SARS).

Die virus versprei wanneer druppels afkomstig van ‘n siek person (hoes of nies) in jou oë, neus of mond beland.

Dus, as jy sien dat iemand hoes / nies / siek is, kan jy die volgende doen:
Bly op ‘n veilige afstand. (0.5 tot 2m sal veilig wees teen groot druppels).
Vermy groot groepe mense. (Mense wat geïnfekteer is, mag dalk geen simptome toon nie, maar is steeds aansteeklik).

Soms kan ‘n siek person se speeksel op ander dinge beland – hande, deure, apparate soos afstandbeheerders, koppies, penne, handrelings en ander toerusting.

En indien jy per ongeluk aan enige van hierdie goed vat en daarna aan jou gesig vat, of jou oë of die gesig van ‘n geliefde vryf, kan jy siek word.

Translated by Elna Van Rhyn