Geskiedenis van Hennep

© Ji-Elle

Hemp word al vir duisende jare gekweek; die eerste tekens van die gebruik van hennep is gevind op Taiwanese pottebakkery wat tot 10 000 V.C. terug dateer. In antieke China, wat gesien word as die geboorteland van hennep, was dit een van die eerste plante gebruik vir sy vesel om doeke te weef asook skoene, papier en toue. Hennep is ook aanbeveel vir 'n verskeidenheid van kwale, insluitend hardlywigheid, rumatiek en vergeetagtigheid.

Verspreiding van Hennep

Van die drie spesies van Cannabis was hennep - die Cannabis sativa-tipe - die eerste om te versprei na die res van die wêreld, waarskynlik as gevolg van sy nuttige vesel en eetbare sade. Daar is 'n bewys van wydverspreide verbouing in die Britse Eilande ongeveer 400 V.C. waar die hennep plant gebruik is vir lap (hennep vesel) asook olie en voedsel (hennep sade).

Bewustheid van die bedwelmende uitwerking van THC-ryk dagga variëteite het buite mediese en industriële sirkels versprei en die gebruik van hierdie dagga variëteite is vir godsdienstige en ontspanningsdoeleindes gebruik.

Hennep is aan Kanada bekend gestel in 1606 vir die vervaardiging van toue en seile en is in die VSA vir die eerste keer in die jaar 1630 geplant. Hennep is so wyd geplant en gebruik in Amerika dat daar beraam word dat die helfte van alle klere van hennep gemaak is in die laat 1700s.

Die afskaffing van slawerny in die VSA en die aanplant van katoen het gelei tot 'n afname in die verbouing van hennep vir lap. Daarbenewens het die gebruik van goedkoop houtpulp vir die maak van papier verder die gebruik van hennep beperk. Dit was egter steeds gebruik om sigaret papiere, Bybels en geld te vervaardig.

Verbanning van Hemp

Ook met verloop van tyd het "dagga" hennep tipes ontwikkel met hoër vlakke van THC. Hierdie-THC bevattende soorte van die suide van Asië is gebruik in dwelmmiddels maar ongelukkig het industriële hennep gekoppel geraak aan sy hoë-THC neef.

In die 1930's na die aanstelling van Henry J. Anslinger as die kommissaris van die nuutgestigte Narkotikaburo is hennep dagga tot ʼn narkotiese middel verklaar en hennep boerdery is in die VSA verban.

In die 1940's het die vervaardiging en verwerking van hennep tydelik herleef om papier, tekstiele en tou vir gebruik tydens die Tweede Wêreldoorlog te produseer, maar hennep produksie permitte is na die oorlog herroep.

In onlangse jare is daar hernieude belangstelling in hennep wêreldwyd met Frankryk wat die leiding neem - tans die grootste produsent van industriële hennep in die wêreld. China het meer as 300-hennep verwante patente geregistreer en Kanada het die groei van industriële hennep vir saad en vesel wat gebruik word vir papier, tekstiele, bio-samestellings en volhoubare boumateriaal gewettig.

Hennep in Suid-Afrika

In Suid-Afrika onderskei die wetgewing nie tussen die groei van Cannabis (dagga) en die groei van industriële hennep nie. Ten spyte van talle proewe en kommersialisering van hennep in lande soos Kanada, China en Frankryk is die industriële groei en verwerking van hennep steeds onwettig en spesiale permitte word vereis om hennep te plant. Dit laat hennep produksie slegs toe vir navorsing.

Hennep verwante produkte in Suid-Afrika word ingevoer.

Translated by Wilma Koeppen