Baie Suid-Afrikaanse vrugte soos druiwe, appelkose, perskes, appels, pere, mango's en piesangs word gedroog. Droging verwyder die vog wat muf, gis en bakteriële groei aanmoedig en dus in effek verhoog dit die lang raklewe van die vrugte. Dit verminder ook die gewig en grootte van die vrugte, wat dit goedkoper en makliker maak om te vervoer.
Tegnies kan enige vrugte en groente gedroog word, maar sommige varietëite is meer geskik vir droging as ander. Soos deur Anton Erwee, die hoof bedryfsbeampte van By Bron Handmade Foods, weergegee word sal die verkeerde verskeidenheid lei tot 'n finale produk wat min lyf of vlesigheid het.
Vrugte en groente wat gemik is op die drogings mark is soos enige ander variëteit onderhewig aan 'n uitgebreide evaluering voordat hulle kommersieel vrygestel word vir produksie. Die variëteite moet nie net geskik wees vir die droging en die instand houding van die kleur na droging nie maar moet genoeg opbrengste produseer op die regte tyd van die jaar met minimale arbeid en ander insette.
Die vrugte kan gerehidreer word na droging of verkoop word sonder enige bykomende behandeling. Gerehidreerde vrugte is sagter en makliker om te eet as die nie-behandelde vrugte, maar het 'n korter raklewe. Vrugte soos bessies kan behandel word met 'n suiker oplossing soos druiwesap voordat dit gedroog word om te verhoed dat hulle so hard word dat hulle oneetbaar is.
Die meeste van die gedroogde vrugte van Suid-Afrika word gedroog op droog rakke in die son dadelik nadat hulle gepluk is as gevolg van die gemak van die produksie en lae verwante koste. Sedert ongunstige klimaatstoestande swamgroei en die verkleuring van vrugte kan veroorsaak word die meeste van die vrugte gedroog in die winterreënvalgebiede in streke soos die Boland, Ceres-vallei en Klein Karoo in die Wes-Kaap en langs die Oranjerivier Vallei in die Noord-Kaap.
Die grootste nadeel met sonkrag droging is dat produsente min beheer het oor klimaatstoestande en as sodanig die droog proses. Om beter gehalte vrugte te produseer het 'n klein aantal produsente teruggekeer na droog tonnels om klimaatstoestande risiko's te verminder en hoë gehalte gedroogde vrugte te verseker. Elektrisiteit is duur so die boere gebruik natuurlike hulpbronne soos biomassa of sonkrag om die droog proses te dryf.
Anton sê dat die meeste gedroogde vrugte behandel word met swaeldioksied voor die droogmaak fase om die selmembrane van die vrugte af te breek en om die droging proses te fasiliteer. Swaweldioksied help ook om die nie-ensimatiese verbruining prosesse van die vrugte te voorkom. Dit laat die vrug toe om sy kleur te behou en tree op as 'n mikrobiologiese preserveermiddel wat help om te verseker dat die kos veilig is om te eet ten spyte daarvan dat dit buite gelaat is vir 'n paar dae om droog te word.
Vrugte wat 'n swart kleur in het soos vye, rosyntjies, pruime en dadels word dikwels nie met swaweldioksied behandel nie.
Suid-Afrikaanse gedroogde vrugte is plaaslik en internasionaal hoog in aanvraag.
Gedroogde vrugte kan geniet word as 'n peuselhappie of gebruik word vir kook en as 'n nagereg. Gedroogde vrugte is ryk aan vesel en antioksidante en is baie gesond. Een stuk gedroogde vrug het dieselfde voedingswaarde as dié van vars vrugte. Daar is egter uitsonderings omdat sommige voedingstowwe soos vitamien C verlore kan raak tydens die droogproses.
Translated by Wilma Koeppen