Brokkoli Gewasbestuur

© Louise Brodie

Wisselbou

Wissel brokkoli met peulgewasse of groente van die allium-familie soos uie, knoffel en preie af.

Opbrengs (ton per hektaar)

Konserwatief: 5 ton
Gemiddeld: 8 ton
Goed: 12 ton

Oes

Brokkoli word steeds meestal met die hand geoes. ’n Tien tot vyftien sentimeter stingel word aan die sentrale kop gelos om te verseker dat dit nie uitdroog nie. Aangesien brokkoli baie vinnig na die oes begin uitdroog, is dit raadsaam om dit so gou as moontlik in ’n koel plek te bêre. Die kommersiële produsente oes sommige variëteite meganies. Dit vereis dat al die koppe op een slag geoes word.

Berging

Brokkoli wat by 0°C - 1°C en ’n relatiewe humiditeit van 95% gehou word kan vir 14 dae lank gestoor word. As brokkoli te lank gebêre word verloor dit smaak en sommige van die gesondheidsvoordele.

Plae

Omdat brokkoli tydens die wintermaande verbou word, is peste baie minder. Dit is egter raadsaam om die situasie heeltyd te monitor en ’n plaagbestryding plan in plek te hê. Algemene peste is die “root fly”, bolwurm (bollworm), plantluis (aphid), diamantruitrugmot (diamond-back moth) en webwurm (webworm).

Siektes

Algemene siektes is swartstam (blackleg), swartvrot (black rot), donsskimmel (downy mildew), dikvoetsiekte (cubroot), sagtevrot (soft rot) en Sclerotinia vrot (Sclerotinia rot).

Translated by Ananda Schoeman