Brittle Stars

© Jean Tresfon

Gewone Familienaam

Brittle star

Alias

Serpent stars, basket stars

Wetenskaplike Naam

Ophiuroidea

Grootte

Arms tot 60 cm

Identifikasie

Plat, skyf-agtige sirkelvormige liggaam met vyf of meer arms. Klein uitsteeksels groei op die arms wat hulle ‘harig’ laat lyk. Mond aan die onderkant geleë. Geen anus bo-op. Kleur verskil, en bruin, swart, rooi, olyfgroen, wit en oranje is algemeen.

Algemene Inligting

Die klas Ophiuroidea val onder die phylum Echinodermata wat al die veer- en seesterre, seekomkommers en seekastaiings insluit. Gebruik arms om mee rond te beweeg. Arms breek maklik af, vandaar die naam. Hulle kan die arms regenereer. Plant voort deur pelagiese kuitskiet. Sommige spesies broei die kleintjies uit in hul liggame.

Voeding

Vreet brokstukkies, klein skaaldiertjies en wurms. Aasvreters.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Brittle star - Ophiarachna affinis
Basket stars - Ophiotrix purpurea