Bemarking van Vleisbokke in Suid-Afrika

Kommersieel is bokvleis baie minder beskikbaar as lam, skaap en ander rooivleis. Daar is baie redes hiervoor, maar dit kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die beperkte beskikbaarheid van bokvleis in die hoofstroom kleinhandelsektor en beperkte kennis en persepsie by verbruikers oor die eienskappe en voordele van bokvleis.

Bemarking van Vleisbokke in Suid-Afrika

©Susan Schoenian University of Maryland Extension
Boerboktelers word verteenwoordig deur die telersgenootskappe soos Boerbok SA.
Die inheemse vleisbokbedryf is nie georganiseer in provinsiale en nasionale strukture nie, maar ongeveer 40 geregistreerde telers van inheemse bokke behoort aan Indigenous Veld Goat South Africa (IVG SA). IVG SA fokus meer op die bevordering van bokboerdery as op die bemarking van bokvleis.
Nogtans het ‘n baie effektiewe bemarkingsisteem vir bokke oor die jare heen ontwikkel met die hulp van handelaars/spekulante. Weens die vraag na bokke in die informele mark en die tekort aan bokke, kry boere goeie pryse,veral gedurende spesifieke tye van die jaar, dikwels verbind met kulturele vierings.
Die meeste vleisbokke wat in Suid-Afrika bemark word, word verkoop deur middel van privaat transaksies in die infromele mark om geslag te word vir godsdienstige of tradisionele doeleindes. Bokke wat direk vanaf die plaas bemark word kan tussen 3 - 6 maande en ouer wees. Dit word aangevul deur ‘n seisoenale aanbod van ouer Angorabokke (ouer as 5 jaar), meestal bemark deur agente in KwaZulu-Natal.
Kommersieel word bokvleis verkoop deur sommige Moslemslaghuise in Lenasia, Johannesburg en sommige Spar-winkels en slaghuise oor die land heen.
Vanaf 2003 tot 2008 het Shoprite Checkers chevon verkoop as CHEVON. ‘n Uitgebreide veldtog is in 2004 deur ‘n privaatmaatskappy, Kalahari Kid Corporation (KKC) geloods om die verbruiker in te lig oor die uitstekende kwaliteite van chevon. KKC het ook daarin geslaag om chevon op die rakke van ‘n aantal supermarkte in Suid-Afrika, soos Pick & Pay, Checkers Hypermarket en Spar te plaas.

©Lourens Erasmus
Kalahari Kid Corporation is ‘n entiteit wat in sy geheel aan die Noord-Kaapse Provinsiale Regering behoort en is die ‘Special Purpose Vehicle’ (SPV) vir die kommersialisering van die bokbedryf in die Noord-Kaap. Die doelwit is om dit ui te brei na die ander provinsies van Suid-Afrika. KKC help ook ander provinsies met die ontwikkeling van bokboerdery kooperasies. Dit kan ontluikende bokboere help om selfonderhoudend te word en afhangende van die grond beskikbaar, te ontwikkel in kommersiële bokboere. Lewendige bokke word ook by ontluikende boere gekoop om hulle sodoende by die totale waardeketting te betrek.
Indigenous Veld Goat South Africa (IVG SA) beveel aan dat meer aandag bestee word aan die bevordering van bokvleis. Dit sal die mark help ontwikkel sodat verbruikersaanvraag verhoog. Dit sal weer veeboere aanmoedig om met bokke te boer, eerder as om net te teel vir getalle. ‘Kommersialisering van bokvleisproduksie sal die slag van bokke in die formele sektor laat toeneem en kan die inkomste wat uit bokboerdery gegeneeer word, laat styg,’ beveel IVG SA aan.

Verbruikersopvoeding

©SAMIC
Rolspelers in die Suid-Afrikaanse vleisbokboerderybedryf stem saam dat verbruikersopvoeding ‘n baie belangrike faktor is om die kommersiële aanvraag na bokvleis in die kleinhandelsektor te laat toeneem.
Navorsing deur die Universiteit van Pretoria om verbruikers se perspektief oor die Suid-Afrikaanse rooivleis klassifikasiesisteem te toets, het bevind dat lae-inkomste verbruikers ‘n baie beperkte begrip het van rooivleisklassifikasie.
Alhoewel middelklas en welvarende verbruikers ook maar ‘n beperkte begrip het, let 50% van hulle tog op na ‘n klassifikasiemerk. Verwante aspekte blyk belangriker geag te word. Dit sluit in kwaliteit, hoeveelheid vet en voorkoms.

©Susan Schoenian University of Maryland Extension
‘n Ander studie in 2005 deur L Simela van die Universiteit van Pretoria het aan ‘n verskeidenheid gebruikers uit verskillende ouderdoms- en inkomstegroepe twee groepe bokvleis aangebied en dit met lamsvleis en skaapvleis vergelyk. Afgesien van die effense verskil in sagtheid tussen skaap en chevon (bokspiere het growwer vesels as skaapspiere), het verbruikers die vleis van die skaap en die bokke van dieselfde ouderdom (2-tot 6-tand ouderdom) ewe aanvaarbaar gevind.
Daar is ook bevind dat die verbruiker se vlak van opvoeding ooglopend die mees beduidende faktor was in die aanvaarding van die sensoriese kenmerke en verbruikersoogmerk van bokvleis. Die studie het bevind dat chevon aanvaarbaar is vir Suid-Afrikaanse verbruikers en mag net so aanvaarbaar wees soos skaapvleis, mits dit afkomstig is van bokke twee jaar en jonger.

Translated by Elna Van Rhyn