Die Appelliefie (Cape Gooseberry in Engels) ontleen sy naam aan sy dop-agtige skouermantel (cape) en nie omdat dit 'n skakel het met Kaapstad in Suid-Afrika nie. Die goue bessies het sy oorsprong in Peru vanwaar dit versprei het na Columbia en daarna na die res van die wêreld. Dit is gebruik as voedsel en vir medisinale doeleindes sedert die antieke Inca rykdom.
Die spesies moet nie verwar word met die Engelse appelliefie nie, wat 'n ander spesie het geen skouermantel (cape) nie en kan rooi, groen of geel wees. Die Appelliefie is eintlik glad nie 'n appelliefie nie - dit is deel van die nastergal familie waarvan tamaties, rissies en aartappels ook lede is.
Columbia het oorheers die internasionale mark al vir jare en is verantwoordelik vir meer as 99% van alle appelliefie uitvoere. William Pulles, die eienaar en verskaffer van die grootste appelliefie plaas, Keisie Valley Appelliefies in Suid-Afrika, verduidelik dat produksiekoste so laag is in hierdie Suid-Amerikaanse land dat ander lande eenvoudig nie kan meeding nie.
Die bessies word op kleinskaalse plase in Columbia geproduseer. Hierdie plase meet tipies 2-5 hektaar elk met familie lede wat die meeste van die werk self doen en sodoende daar skaars enige arbeidskoste is. Sodra dit geoes word, word die bessies deur groot maatskappye opgekoop wat die bessies verwerk en hulle na verskeie bestemmings regoor die wêreld uitvoer.
Appelliefies is gedurende die 1770s aan Suid-Afrika saam met die eerste immigrante voorgestel.
Dit word deur die hele Suid-Afrika vervaardig. Die Wes-Kaap is die grootste produsent van appelliefies gevolg, deur die Noord-Wes provinsie. Die struik groei tot 'n meter hoog en floreer in streke met semi-tot halfdorre klimaatstoestande soos gevind in Columbia en Peru. Appelliefies is die beste geskik om te groei in 'n omgewing wat warm is die hele jaar deur, met geen temperatuur uiterstes nie. Hierdie "bessies" is hoogs sensitief vir ryp skade.
Die struik is in staat om suksesvol te groei in 'n verskeidenheid van tipes grond, maar die grond moet goed gedreineer wees en 'n hoë organiese inhoud hê. Terwyl appelliefies nie baie water nodig het nie, is besproeiing nodig vir optimale produksie.
Appelliefies begin vrugte dra tussen vier tot vyf maande nadat dit geplant is. Die struike word dan weekliks vir tot agtien maande geoes waarna die lewering van vrugte begin afneem en die plante met nuwe saailinge vervang moet word.
Oes word met die hand gedoen omdat die bessies by optimale rypheid gepluk moet word. Nadat hulle gepluk is hou die bessies, uit 'n smaak perspektief, op om ryp te word. Onryp bessies wat gepluk word kan goud verkleur, maar sal nie so goed smaak soos bessies wat by die korrekte rypheid gepluk is nie.
Slegs een verskeidenheid, naamlik Physalis peruviana, word geproduseer. Om ʼn analogie van William Pulles te leen - appelliefies is soos die stiefkind van die bessie familie met beperkte beleggings in die ontwikkeling van nuwe verbeterde kultivars. Die meeste produsente plant van saailinge omdat dit baie goedkoper as steggies is.
Pulles versamel die saad van sy beste plante wat hy dan met ander verskaffers deel. Gespesialiseerde kwekerye groei die saad tot saailinge vir hierdie produsente.
Die vraag na appelliefies is aan die styg op die internasionale mark as gevolg van verhoogde bewustheid van hul voordele vir menslike gesondheid. William Pulles het daarop gewys dat Nestlé onlangs een van die grootste appelliefie maatskappye in Columbia gekoop het, omdat appelliefies as die volgende groot produk in die super-voedsel mark geoormerk is.
Al Suid-Afrika se appelliefies word plaaslik verkoop, en die meeste word op die vars markte verkoop. Die mark is egter beperk omdat die bessies duur is. Van die bessies wat bestem is vir die vars produkte mark word die meeste vir die maak van konfyt gebruik, of dit word gekook vir die meng in vrugte jogurt.
Appelliefies, in teenstelling met die meeste ander bessies, het hoë vlakke van vet wat hulle draers maak van vetoplosbare vitamiene soos A, D, E en K. Behalwe dit is die bessies ryk aan minerale, proteïene, vesels en antioksidante.
Appelliefies kan vars geniet, gebruik in gebak, gevries of verwerk word. Verkwerkte appelliefies word gebruik in nageregte, sap, jogurt en konfyt. Daar word beweer dat die bessies en/of hul blare anti-inflammatoriese eienskappe het, wat help om spysvertering te verlig, gewigsverlies te bevorder en help om diabetes asook hoë bloeddruk te beheer.
Inligting is slegs vir opvoedkundige en inligtingdoeleindes en mag nie as mediese advies geïnterpreteer word nie. Die inligting is nie bedoel om mediese advies of behandeling te vervang wat deur gesondheidswerkers aangebied word nie.
Translated by Wilma Koeppen