Small-Spotted Genet
Kleinkolmuskejaatkat

© Nigel Dennis

Naam

Kleinkolmuskejaatkat [Genetta genetta]

Voorkoms

Die Kleinvlekgenet is effens kleiner as die Grootvlekgenet, en die merke is meer swart en wit en sonder n roeskleurige skynsel. Die stert het n wit punt, in teenstelling met die stert van die Grootvlekgenet wat n swart punt het. Algehele liggaamskleur is meer van 'n vuil wit, bedek met swart kolle wat lyne vorm van die kop tot by die stert.
Langs die ruggraat is 'n kruin van reguit lang swart hare. Hulle het duidelike wit kolle op die gesig onder die oë, wat minder prominent om die mond en op die voorkop is. Hulle het kloue wat nie ingetrek kan word nie. Sterte is lank met swart en wit ringe.

Dieet

Die Kleinvlekgenet het 'n dieet wat hoofsaaklik uit klein soogdiere en insekte bestaan. Vlermuise, voëls, reptiele, amfibieë, duisendpote, honderdpote en skerpioene is as voedselbron aangeteken. Dit blyk dat daar minder vrugte in hul dieet is as die die van die Grootvlekgenet.

Teling

Twee werpsels van twee tot drie welpies elk word onderskeidelik jaarliks ​​gebore. Die swangerskap tydperk is tussen 70-77 dae. Die ore en oë van die welpies gaan eers na 5-18 dae oop. Slagtande verskyn binne die eerste maand. Welpies neem na slegs 'n paar weke soliede voedsel in, maar bly vir 'n paar maande aanhou soog.

Gedrag

Hierdie diere beweeg byna heeltemal alleen en pare word selde gesien, waarskynlik net gedurende die paring seisoen. Habitatvoorkeur neig na droër bosagtige gedeeltes, hoewel dit ook in riviergebiede voorkom.
Hulle lê dikwels in bome gedurende die dag, maar word meer algemeen in gate in die grond en in rotsagtige skuilings aangetref. Hulle is minder boomlewend as die Grootvlekgenet.

Waar hulle gevind word

Alhoewel hierdie spesie wyd voorkom in die droër distrikte of gebiede van Suider-Afrika is hulle baie sku. Hulle is afwesig aan die weskus van Namibië sowel as die weste en suidwestelike gebiede van Suid-Afrika.

Veldnotas

Dié diere kan baie makker word rondom menslike nedersettings soos byvoorbeeld in safari-kampe waar hulle bekend is daarvoor om gedurende etenstyd op tafels te klim en kos van die tafel te neem.