Flap-neck Chameleon
Flapnek-verkleurmannetjie

© Nigel Dennis

Naam

Flapnek-verkleurmannetjie [Chamaeleo dilepis]

Bevolkingstatistiek

Klas - Reptilia
Orde - Squamata
Familie - Chamaeleonidae
Subspesies - ‘n Aantal subspesies is beskryf binne die verspreidingsgebied.
Lengte_V - 120 _ 140 mm
Lengte_M - 120_140 mm

Beskrywing

Die flapnek-verkleurmannetjie is ‘n groot verkleurmannetjie met ‘n aaneenlopende kam van wit, driehoekvormige knoppies op die keel en pens. Kleurpatroon varieer van liggeel deur groen skakerings tot bruin. Die penskam is wit en daar is gewoonlik ‘n ligte streep langs die sye.

Verspreiding

Kom voor in tropiese Afrika, suidwaarts tot by KwaZulu-Natal, Mpumalanga, noordelike provinsies, noord- en oostelike Botswana tot by die Noord-Kaap en noordelike Namibië.

Voortplanting

Die ontwikkeling van eiers duur 3 tot 4 maande. Die wyfie raak diklywig van 25 tot 50 eiers wat sy in die somer lê. In die natuur mag eiers tot 377 dae neem om uit te broei.

Dieet

Die flapnek-verkleurmannetjie vreet insekte, veral sprinkane en kewers.

Veldaantekeninge

Dis relatief maklik om tussen mannetjies en wyfies te onderskei omdat die mannetjies breër is by die basis van die stert en ook ‘n spoor het aan die agterkant van elke agterpoot.