Druiwe Insekplae

© Prof Piet Goussard Winetech
Mealy bug damage in Chardonnay. Note the damage on leaves.

Oorsig

Belangrikste plae by wyndruiwe is witluis, miere, kalanders en myte. Hierdie plae het ook 'n noue verband met mekaar deurdat die chemiese beheer van een die natuurlike vyande van die ander kan dood. Hierdie plae moet dus veral in gesamentlike verband gesien en beheer word.

Verskeie insekplae kom in die wingerd voor en die volgende insekte kan soms probleme veroorsaak: Filloksera Aalwurm Margarodes Miere en witluis Snuitkewers Knopmyt Knoppiesblaarmyt Slakke Krompokkels

Filloksera

Filloksera is ’n klein plantluis wat in die grond voorkom en op die wingerdwortels voed. Dit is veral baie aktief gedurende September tot Mei.

Dit kan in sekere omstandighede ook op blare voed wat as galle aan die onderkant van die blaar herkenbaar is. Deur die wortels van swak stokke uit te grawe en te ondersoek, kan die geel insekte op die beskadigde gedeeltes van die wortels gevind word.

Filloksera kom meer gereeld op swaar as ligte gronde voor en makstokke is meer vatbaar vir filloksera as geënte stokke. (‘n Makstok is wingerd wat nie op ‘n geënte onderstok groei nie). Die mees algemene beheermetode is die gebruik van verdraagsame onderstokke soos Ramsey.

Aalwurm

©Hans Hugo Winetech
Nematode damage on the root of a cover crop.

Aalwurms is mikroskopies klein en val die wortelstelsels van die wingerdstok aan. Dit kan wel in die grond voorkom en in sommige gevalle skade aan die wortelstelsel van die wingerdstok veroorsaak. Sommige aalwurms leef binne in die wortel en kan knoppe op die jong wortels veroorsaak, terwyl ander slegs in die grond leef en die wortels uitwendig aanval.

Chemiese beheer van aalwurms behoort slegs na ontleding van grond en wortelmonsters oorweeg te word. Dit kan toegepas word deur ’n geskikte middel volgens aanbeveling aan die stok toe te dien.

Soos by filloksera kan aalwurm-verdraagsame onderstokke ook gebruik word. Sekere dekgewasse soos bladrammenas (Raphanus sativus subsp. oleiferus) het ’n onderdrukkende effek op aalwurm-getalle. Aalwurmmiddels is oor die algemeen baie giftig en moet met sorg en altyd onder toesig hanteer en toegedien word.

Translated By Marinda Louw