Wat is Reënwater Opgaring?

© US Bureau of Land Management

Reënwater oes is die kanalisering en berging van reënwater uit die aarde of die dakke van geboue via pype of geute na/in opgaartenks. Insameling van reënwater vanaf dakke is baie skoner as die invordering van afloopwater uit die grond.

In beide gevalle word die skoonmaak en filtrering van die reënwater voor gebruik aanbeveel. Nie net om dit skoon te maak vir huishoudelike of landbou gebruik nie, maar ook om chemikalieë, grond en besoedeling te verwyder en te verhoed dat pompe beskadig word as gevolg van voorwerpe in die water.

Hoe om 'n Reënwater Opgarings Sisteem Op Te Sit

Om 'n eenvoudige reënwateropgarings stelsel op te sit vereis dit drie dinge; 'n dak en pype of geute om die reënwater na 'n opgaartenk te kanaliseer.

Maak die dak en die geute skoon. As geute of pype geïnstalleer moet word, kies dan goeie gehalte UV-bestande PVC geute en afvoerpype. Maak seker dat die afvoerpype verbind is aan die watertenk. Kyk dat die geute effens oorhel na die tenks toe. Dit sal die opbou van slyk en staande water uitskakel, wat 'n teelaarde vir muskiete is.

Enige takke wat oor die dak hang moet verwyder word om te voorkom dat blare in die stelsel kom.Gebruik kleingaaitjieskerms of filters en maak hulle gereeld skoon.

Chemiese afsaksels van bespuiting kan ook op die dak land en dan in die tenks inspoel.Moenie gewasse bespuit op 'n winderige dagnie.

Wanneer jy die dak verf, maak gebruik van 'n veilige verf omdat oortollige verf in die tenk in kan loop en die water kan besoedel.

Maak die dak nat na enige vure in die gebied. Na reën, kan die as en puin in die tenk spoel, en sodoende die krane verstop. Onthou, hoe skoner die dak, hoe skoner die water.Enige takke wat oor die dak hang moet verwyder word om te keer dat blare in die sisteem inkom.

ʼn Filtrering sisteem kan gebruik word om die water skoon te maak in die vorm van:
ʼn Sandbed filter
ʼn Opskiet filter
Stabilisasie Tenk

Waterstoor Tenke

©Marinda Louw

Enige water opgaartenke kan gebruik word, maar maak seker dit is skoon en het 'n uitlaatpyp of 'n kraan. Installeer 'n groot genoeg tenk en, indien moontlik, sit dit op 'n sterk en lae basis wat net hoog genoeg is om toe te laat dat emmers maklik gevul kan word uit die tenk se kraan. As 'n sement basis gebou word, maak seker dit is ten minste 85 mm dik.

Moenie 'n tenk wat voorheen gebruik is vir die stoor van enigiets giftig soos brandstof, olie of chemikalieë gebruik nie. Indien moontlik, moenie 'n tenk gemaak van asbes gebruik nie. Watertenks kan gemaak word uit poliëtileen plastiek, beton of gegalvaniseerde sink. Metaal tenks moet aan die binnekant met PVC of poliëtileen bedek word. Plastiek water tenks is goedkoper terwyl beton tenks duur kan wees, maar hulle hou die water koeler.

Oorweeg die installering van 'n oorloop tenk om oortollige water te stoor sodra die primêre tenk 'n spesifieke vlak bereik het. Vir die gebruik van tenkwater as drinkwater, maak seker dat jy dit eers kook. Dit moet ook gefiltreer en behandel word met bleikmiddels. Navorsers van die Waternavorsingskommissie beveel 'n 1/4 koppie bleikmiddel per 5 000 liter water aan.

Hou 'n slot op die tenk se kraan om toegang tot die watertenk te voorkom. Dit sal ook verhoed dat iemand op die tenk klim en per ongeluk inval en verdrink

Translated by Wilma Koeppen