Water kan teenwoordig wees in drie vorms - in vaste vorm as ys, as 'n vloeistof, of in die vorm van gas as waterdamp.
Verdamping is die proses waardeur vloeibare water omgeskakel word na waterdamp. In die proses word water verwyder uit die verdampings oppervlaktes - oppervlaktes soos oseane, mere, riviere, grond en nat plantegroei.
Verdamping uit oseane of mere sal lei tot reën, maar verdamping uit opgaardamme wat gebou is om water te voorsien vir besproeiing, is 'n probleem. Groot vlak damme in warm, droë areas is relatief ondoeltreffend.
Energie word benodig om watermolekules te verander van vloeistof na stoom. Die strale van die son verskaf energie, maar daar is ʼn paar faktore wat die tempo van verdamping bepaal.
Temperatuur
Hoër temperature verhoog verdamping.
Humiditeit
Droë lug verhoog verdamping.
Wind
Warm, droë wind sal vogtige lug vervang wat vinniger verdamping veroorsaak. Dit is 'n belangrike faktor in Benede-Oranjerivier, Vaalharts, Rietrivier en Sandvet besproeiingskemas en in boerderygebiede onderhewig aan bergwind toestande. Koel, klam winde van uit 'n koue oseaan sorg dat daar ʼn toename in humiditeit is en veroorsaak vermindering van verdamping.
Suid-Afrika lê in die middelbreedtegrade. Hierdie gematigde gebied lê sowat 30 tot 60 grade suid, en noord van die ewenaar. Daarbenewens het Suid-Afrika hoë temperature en lae humiditeit, wat bydra tot 'n baie hoë verdampingstempo.
Potensiële verdamping in boerderygebiede wat omtrent 500 mm reën per jaar ontvang is tussen ongeveer 2000 en 2600 mm per jaar. Vergelyk dit met 'n oppervlakte in Sentraal-Europa, wat dieselfde jaarlikse reënval ontvang. Hierdie area het 'n potensiële verdamping koers van net 300 mm per jaar, 'n baie hoër reënval doeltreffendheid.
In Suid-Afrika wissel verdamping van minder as 1400 mm per jaar in die Drakensberg/Maluti gebiede tot meer as 2800 mm per jaar in dele van die Kalahari. Daar is min of meer 'n omgekeerde verhouding tussen gemiddelde reënval en gemiddelde verdamping; hoe hoër die reënval, hoe laer is die verdamping.
Dit is belangrik om daarop te let dat daar 'n baie hoë potensiële verdampingstempo is in die gebiede van groot besproeiingskemas in Suid-Afrika, soos die Benede-Oranjerivier, Vaalharts, Douglas, Rama en Barkley-Wes gebiede.
Die waterinhoud van die grond het 'n belangrike impak op verdampingsverlies. Verdamping kom ook hoofsaaklik uit die boonste 15 tot 20 cm grondlaag. Verdamping vind baie vinniger plaas uit die grondoppervlak in grond met 'n water inhoud naby aan veldkapasiteit. Die veld kapasiteit van grond is die water wat in die grond agtergelaat is nadat oortollige water weggedreineer het. Groot porieë in die grond is gevul met lug en water terwyl die kleiner porieë nog vol water is.
Wanneer besproeiing geskied moet jy probeer om verdamping te verminder. Jy kan dit doen deur die grond se veld kapasiteit te verhoog. Pas soveel water per besproeiing as moontlik toe en wag so lank as wat jy kan voor jy weer besproei - lang tussenposes tussen besproeiings. Dink aan die beperkings van die gewasse se waterbehoeftes. Dit verhoog die tydperk waartydens die grond naby die veldkapasiteit is en kan op sy beurt verdamping verminder.
Net deur die grondoppervlak nat te hou deur gereelde ligte besproeiing lei dit tot 'n hoë verdampingsverlies. Deklae en soortgelyke grond dekkings kan gebruik word om die verdamping van die grond oppervlakte te verminder.
Verdamping en transpirasie vind dieselfde tyd plaas. Verdamping is die verlies van water uit die (grond) oppervlak terwyl transpirasie die verlies is van water in die vorm van waterdamp uit 'n plant se blare.
Terwyl daar gesaai word, is byna al die verdampingstranspirasie vanaf die grondoppervlak, maar soos die gewasse groei is meer van die grondoppervlak in die skadu van die gewasse se blare. As gewasse al hulle blare het, is meer as 90% van verdampingstranspirasie afkomstig van transpirasie.
Potensiële verdampingstranspirasie is die verdampingtranspirasie koers van 'n hipotetiese gras verwysings oppervlak met spesifieke eienskappe wat nooit kort van water is nie. Dit word gebruik as 'n standaard om teen die water vereistes van alle ander gewasse te meet.
Translated by Wilma Koeppen