Vriesdroging

©epSos.de

Vriesdroging is 'n hoogs tegniese metode van voedselpreservering. Tydens hierdie proses word bevrore voedsel ontwater onder hewige druk om sy voeding en smaak te behou. Dit word gebruik deur die VSA se 'National Aeronautics and Space Administration' (NASA) om kos vir ruimtevaarders voor te berei, maar is ook wyd beskikbaar in supermarkte en winkels. Gevriesdroogde voedsel word maklik gerehidreer deur die byvoeging van water.

Vriesdroging is uitgevind deur Jacques-Arsene d'Arsonval in Parys in 1906 en is later gebruik tydens die Tweede Wêreldoorlog om bloed serum te bewaar. In die 1950s het die industriële vriesdroging van voedsel begin en nou in die 2020s word allerhande produkte gevriesdroog, insluitend vrugte, vleis en kitsdrankies sowel as kits-etes vir kampeerders, avonturiers, soldate en ruimtevaarders.

Die Vriesdroging Proses

Die tegniese term vir vries-droog is ‘lyophilization’. Vriesdroging is die proses waardeur die water van 'n produk (of die suspensie medium) gekristalliseer word teen 'n lae temperatuur en dan verwyder word deur sublimasie. Sublimasie is die direkte oorgang van water uit soliede toestand (ys) aan 'n gastoestand (damp) sonder om te smelt en sodoende 'n vloeistof te vorm.

Sublimasie in die vries-droog proses kan in drie stappe beskryf word: vries, vakuum en droog.

In die eerste stap van die vriesdroging proses word die produk eers diep-bevrore by normale druk. Dit is belangrik om voedsel vinnig te vries. Stadige bevriesing skep groot yskristalle, wat die interne selstruktuur beskadig en 'n negatiewe invloed op die finale kwaliteit van die produk het.

Die tweede stap is die plasing van die bevrore produk in 'n vakuum en derdens word hitte toegepas om energie te verskaf vir die ys om te verander na waterdamp. Waterdamp word versamel in spesiale kondensators. Die droogfase verwyder ongeveer 95% van die water en kan vanaf 'n paar uur neem tot twee dae. 'n Sekondêre drogingsproses met 'n verhoogde temperatuur verwyder onbevrore watermolekules vanaf die produk.

Die finale gevriesdroogde voedsel bevat tipies tussen 1% en 4% vog. Goed beheerde vriesdroging los voedingstowwe grootliks onaangeraak en veroorsaak slegs geringe verandering aan die interne struktuur van die kos. Die gedroogde selle binne die produk het nou 'n sponsagtige struktuur wat vog vinnig absorbeer wanneer die produk gerehidreer word.

Na vriesdroging word voedselprodukte verpak in spesiale sakke of blikkies wat dan gespoel word met stikstofgas om suurstof te verwyder.

Vries-Gedroogde Kos

Voorbeelde van vriesgedroogde voedsel sluit in vleis, speserye, poeiermelk, kaas, eiers, vrugte en kits drankies soos koffie korrels, tee en versappingdrankies. Vrugte maak die grootste gedeelte (meer as 30%) van die gevriesdroogde mark uit maar toenemend ook kits-etes insluitend pasta, sop, bredies en nageregte.

Vrugte en vleis word gesny in kleiner stukkies voor vriesdroging en is beskikbaar as gevriesdroogde stukke of as maalvleis. Vleis, seekos en kits-maaltye word gekook voor vriesdroging en vereis net die byvoeging van water om dit voor te berei.

Voordele van Vriesdroging

Vriesdroging preserfeer die smaak, kleur, struktuur en voorkoms van die voedselproduk, terwyl skade aan hitte-sensitiewe voedingstowwe beperk word. Toetse het kos wat ontwater is deur verskillende droog metodes - konvektiewe, vakuum, vries en osmotiese droging geëvalueer en gevind dat die beste smaak in gevriesdroogde produkte voorkom.

Vriesgedroogde produkte is gewoonlik varser en het rehidrasie verhoudings van vier tot ses keer beter (meer vog absorberend) as-lug gedroogde voedselprodukte. Dit is voedsaam, smaaklik en liggewig - ideaal vir avontuur-styl sport en maklik om te verskeep vir gebruike in noodgevalle. Daarbenewens strek vries-droog produkte die raklewe van vars produkte uit soos bv. kits maaltye tussen 6 maande tot 3 jaar in verpakking sakke en langer as 25 jaar in blikkies.

Koste is die grootste nadeel van vriesdroging as gevolg van 'n hoë energieverbruik en instandhouding.

Translated by Wilma Koeppen