Die Varkbedryf in Suid-Afrika
©National Pork Board and the Pork Checkoff, Des Moines, IA, USA.
In 2017, pork still ranked as the most popularly produced meat.
Die wêreld se klimaat word warmer en droër en die landbou is onder meer druk om voedsame en goedkoop voedsel vir die Aarde se groeiende bevolking te produseer. Desondanks gooi die “ontwikkelde wêreld” ’n derde van die voedsel wat vir menslike gebruik aangewend kan word weg. Baie lande het egter steeds ’n desperate tekort aan proteïene wat oor die nodige reeks essensiële aminosure beskik. Die wêreld se vleisbedryf is as gevolg daarvan besig om aan te pas. Daar word tans ’n verskeidenheid proteïene om aan die armer gemeenskappe se behoeftes te voorsien geproduseer.
Die wêreld se hoof Proteïenbronne
©National Pork Board and the Pork Checkoff, Des Moines, IA, USA.
Pig production can help to address the growing demand for animal protein.
Totale wêreldwye vleisproduksie word betroubaar deur die Verenigde Nasies se Organisasie vir Voedsel en Landbou (FLO) gerapporteer en aangeteken. In 2017 is ’n totaal van meer as 350 miljoen ton vleis verbruik. Die wêreld se gewildste vleis was in volgorde van produksie (getal miljoen ton): vark (112), pluimvee (107), beeste (88), skape, bokke, volstruise en dan verskeie gejagte wild soos takbokke, elke, wildevarke, wildsbokke, Afrika-buffels en kangaroos. Die ander proteïenbron in die menslike dieet is seekos. Dit sluit ’n totaal van 170 miljoen ton vis, skaaldiere en weekdiere in.
Ander voedselgroepe soos groente, vrugte, groen slaaie, neute, graan, melk, eiers, kaas en bio-tegniese kos van laboratoriums (dit kan in die komende jare meer na vore tree) speel ’n belangrike rol in ’n gebalanseerde dieet. Koolhidrate is nodig vir energie en dan natuurlik vesel, minerale, vitamiene, skoon water en gewoonlik ’n proteïen.
Vleisverbruik in Suid-Afrika
©National Pork Board and the Pork Checkoff, Des Moines, IA, USA.
Between 600 to 5 000 sows are kept in large scale commercial units.
Daar word gesê dat Suid-Afrika nie meer as 15% bewerkbare grond het nie en dat die toenemende vraag na menslike voedselprodukte diereproduksie met hoë ’n opbrengs in intensiewe sisteme noodsaak. Om goeie gehalte proteïene vir 55 miljoen mense te lewer word varke en pluimvee suksesvol in Suid-Afrika geproduseer, maar slegs 0,5% van die wêreld se varkvleis kom van Suid-Afrika.
Suid-Afrika verbruik ongeveer 200 000 ton vars en verwerkte varkvleis per jaar. Ons eie produksie beloop 182 000 ton, dit is sowat 2,6 miljoen slagvarke met ’n gemiddelde massa van 70 kg elk. Ons voer nog omtrent 25 000 ton in. Dit verteenwoordig net minder as 4 kg per persoon per jaar meer as die Afrika nie-Moslem-bevolking, maar is onbeduidend in vergelyking met die mense in Asië, Wes-Europa en Noord-Amerika.
Varkvleis word van Duitsland, Frankryk, Spanje, Kanada, Brasilië en die VSA af ingevoer. Bevrore en spesiale snitte soos varkribbetjies is 60% van die invoere. Suid-Afrika voer ’n klein hoeveelheid varkvleis uit na Namibië, Mauritius en Mosambiek. Tien keer meer pluimvee as vark word teen ’n soortgelyke prys per kilogram in Suid-Afrika verbruik. Dit dui op ’n groot potensiële mark vir vars en verwerkte varkprodukte.
Die Varkbedryf in Suid-Afrika
©National Pork Board and the Pork Checkoff, Des Moines, IA, USA.
Feed can make up 75% of the cost of production.
Die varkbedryf in Suid-Afrika het drie hoof sektore. Grootskaalse moderne, doeltreffende, intensiewe produksie-eenhede het tussen 600 en 5000 sôe. Daar is ’n neiging dat boerderye baie groot moet wees of andersins tot niet gaan. Die voordele van die skaalvoordele geld vir insetkoste en bemarking.
Die middel- en klein kommersiële produsente in Suid-Afrika word minder en tensy hulle ’n ander inkomste het, is hulle kwesbaar vir die stygende koste van gebalanseerde voer wat 75% van die lopende koste in ’n varkboerdery uitmaak.
Small scale production can help to boost household income.
Daar is duisende kleiner varkboerderye met ’n baie lae insetkoste vir behuising en voer. Daar is geen aansporing vir hulle om behuising op te rig en gebalanseerde voer te koop nie aangesien hulle geen permanente verbruikers het nie. Met behuising van saamgeflanste materiaal en verouderde voer (dikwels met ’n lae proteïeninhoud), kan hulle steeds ’n beduidende finansiële bydrae tot hulle eie familie se finansies lewer.
Daar is ook ’n klein persentasie spesiale varkboere wat op varke se welsyn fokus en organiese of vryloop-produksie beoefen en wie se posisie nie teengestaan moet word nie.
Translated by Ananda Schoeman