Uitgrawings by K2 - Mapungubwe

Plaaslike en Internasionale Handel

©Roger de la Harpe
’n Aantal items dui aan dat die K2 mense oor die jare hulself in die omgewing gevestig het en ’n greep op die handelsmark met die Oos-kus gehad het. Daar is, byvoorbeeld, honderde ivoor items by K2 gevind, van heel olifanttande tot armband en stukke ivoor. Ivoor items word gewoonlik met die manlike sfeer van invloed geassosieer en sommige van hierdie was heel waarskynlik vir plaaslike gebruik bedoel. Baie van die items was egter vir internasionale handel gemaak, soos wat bewys word deur die gebruik van ’n ivoormes wat vir die Arabiese mark gemaak was.
Uitgrawings by K2 het ook duisende ingevoerde glaskrale uit Egipte en Indië gevind. Hierdie waardevolle krale, gevind in ’n verskeidenheid kleure wat wissel van blou na groen, was waarskynlik gebruik as ’n vorm van betaling vir ivoor deur die Arabiese handelaars van die Oos-kus. Die krale het naderhand so volop geword dat die mense van K2 hulle begin smelt het om groot, konglomerate krale te vorm, genaamd “garden rollers”.
Hulle het hierdie konglomerate krale gemaak deur die krale te verhit totdat hulle smelt en hulle dan in kleivorms te gooi. Dit word aangeneem dat hulle dit met die krale gedoen het om hulle meer vervoerbaar te maak en sodoende ook meer prakties te maak as ’n vorm van plaaslike geldeenheid. Sommige van hierdie groot krale is selfs by nie-verwante areas meer as 300kg weg gevind. Dit is die vroegste bewyse van glas werke in Suider-Afrika.

Krale en Armbande

©David Fleminger
K2 het, benewens die krale, ook ’n aantal koperkrale en armbande opgelewer, saam met die bewyse van koperbewerkingstoerusting.
Tradisioneel word koper met vroue geassosieer en die koper ornamente het moontlik ’n rol gespeel in vroulike voorgeslag aanbidding, Yster, aan die anderkant, word met manlikheid geassosieer en vele ysterspeertoppe en ander objekte is in die gebied gevind.
Dit is egter interessant om op te merk dat die area rondom K2 geen koper of yster bevat nie (die naaste koper kan by Mussina, omtrent 90km weg gevind word en yster selfs nog verder).
Dit beteken dat die mense van K2 besig was om met ander kulture in die omtrek wat toegang tot hierdie materiale gehad het, handel te dryf.
Dit is duidelik dat die mense van K2 hul vaardighede as handelaars gevestig het, rykdom bymekaar gemaak het en politieke prestasie uitgeoefen het.
Daar is selfs bewyse dat ’n gedeelte van die vroeër Zhizo-gemeenskap in die area agter gebly het (of na die area teruggekeer het) en om Leokwe Koppie hulself gevestig het, gelukkig daarmee om as ’n kleiner gemeenskap van die eens magvolle K2-kultuur op te tree.

Koningryk-era

©Shem Compion
Die mense van K2 het nie net toegang tot handelsmarkte gehad nie, maar het ook aangename weersomstandighede geniet en was daarom geseën met vrugbare grond en groeiende troppe beeste.
Hierdie omstandighede het waarskynlik gelei na ’n verskuiwing van gemeenskaplike denkpatrone na ’n kultuur van privaat besit. Sekere mense sou ryker word en die sosiale dinamika binne die gemeenskap sou verander totdat hierdie mense uiteindelik die politici van die gemeenskap word.
Dit word daarom gesê dat dit die Koningryk-era (wat sy hoogte met Mapungubwe bereik het) begin het om NC met die K2-kultuur.

Ontdekkings in die Ashoop

©David Fleminger
Die meeste van die waardevolle informasie oor die lewe van die K2 mense was gevind deur ontdekkings in die ashoop. Net soos vandag, genereer die mense van K2 groot hoeveelhede rommel wat weggegooi moes word.
Die rommel was gewoonlik op ’n ashoop, genaamd ’n “midden” gegooi. K2 bestaan uit ’n aantal van hierdie ashope wat wissel in grootte, van groot gemeenskaplike ashope, tot kleiner huislike ashope agter die kombuis van elke hut.
Die sentrale ashoop by K2 (wat 4 meter dik was) is die sentrale uitgrawingsarea en argeoloë geniet dit om deur hierdie hoop historiese rommel te grawe. Deur die potskerwe, byvoorbeeld, wat in die ashoop gevind is van nader te bestudeer, wys dit dat die mense van K2 ’n vroeë vorm van Shona, spesifiek Kalaga of Westelike Shona, gepraat het.
Vandag bestaan die K2-gebied uit ’n groot put wat in die 1930’s uitgegrawe is en nie veel anders nie. Die sentrale ashoop is egter steeds sigbaar en dit is aangevul met verskeie informasieborde wat die mense van K2 se lewe verduidelik en die buitelyne van die verskeie lae in die ashoop uitbeeld, soos wat dit geïdentifiseer was deur die argeoloë.
K2 is ongelukkig nie oop vir die moderne publiek nie. Daar is egter planne om dit in te sluit op ’n Erfenis Toer, wanneer die area eers gestabiliseer is. K2 is in die Mapungubwe Nasionale Park geleë, minder as ’n kilometer van Mapungubwe Koppie af.

Translated by Nina Joubert