Ui Gewasbestuur

© Louise Brodie

Gewasbestuur

Vir uie om optimaal te groei moet die grond nie uitdroog nie. Uie is egter ook sensitief vir vrywater. Plantasies wat op ’n helling geplant is, moet sorg neem om nie toe te laat dat die plante watergloed kry nie. Die plant sal geel sal word en nie ten volle groei nie. Onkruid moet met sorg tussen die plante uitgehaal word, sonder om die wortels te versteur of die ui se blare te beskadig.

Rotasie van Gewas

’n Drie- tot vier-jaar rotasieprogram met nie-verwante gewasse word aanbeveel om die opbou van grondplae en -siektes te verminder.

Opbrengs (ton per hektaar)

Konserwatief: 15 tot 20 ton
Gemiddeld: 25 tot 30 ton
Goed: 40+ ton

Oestyd

In klein tuine kan die uie geoes word wanneer 100% van die blare grond toe lê. Groter areas en kommersiële boerderye kan begin oes wanneer 50% van die blare grond toe lê. Sodra die uie hierdie stadium bereik het, moet hulle nie in die grond vir te lank gelos word nie.
Haal die uie uit deur die grond met ’n vurk of oes apparaat los te maak. Kollekteer die plante in bondels en bind die blare saam. Hang die uie van die dak van ’n stoorkamer om droog te word. Sodra die bol se stingel heeltemal droog is, kan die blare gesny word en die bolle gestoor word.

Stoor

Wanneer die uie skoongemaak en gedroog is, stoor hulle in ’n koel en droë, goed geventileerde ruimte. Die uie moet volwasse, goed gewas en onbeskadig wees. Draai die bolle gereeld, sodat al die kante aan lug en lig met gereelde tussenposes blootgestel word. Stoor die uie in lae wat nie dikker as 10cm is nie en haal enige bolle wat tekens van verrotting toon uit.
Peste: Blaaspootjies
Siektes: donsskimmel, Alternaria, pienk wortelvrot, Fusarium, swartstam, stamvrot, sagtevrot, witbolvrot

Translated by Ananda Schoeman