Toets van Waterkwaliteit vir Akwakultuur

© Marinda Louw
Die waterkwaliteit van ‘n dam en die bron van die water vir akwakultuur (varswater visboerdery) moet getoets word voordat daar met visboerdery kan begin word. Neem altyd watermonsters op verskillende plekke in die dam en nie net teen die kant nie.
In oppervlakte water: toets hierdie watermonsters vir suurstof, pH, totale stikstof, ammoniak en totale fosfor.
In water van die bodem van die dam: toets vir suurstof, pH en ammoniak.

Hoe om Watermonsters in ‘n Dam te Neem

Die beste tyd om watermonsters te neem in die Wes-Kaap sal van November tot Januarie wees, volgens Henk Stander, hoof tegniese bestuurder van Aquaculture: Department of Animal Sciences by Stellenbosch Universiteit.
Neem die monsters naby die oppervlekte (van 1 tot 2 m diep) en van naby die bodem van die dam deur middel van ‘n water sampler. In vlak damme moet die monsters by die inlaat en die uitlaat van die dam geneem word.
Neem een of twee monsters of meer as die begroting dit toelaat; ‘n volle laboratoriumanalise sal tussen R1 500 en R2 000 kos (2019). ‘n Monstervolume van 350ml sal voldoende wees. Bêr in ‘n yskas en analiseer binne drie dae nadat die monster geneem is, adviseer Stander.

Ideale Waterkwaliteitvlakke vir Akwakultuur?

©Brian Ginn, North American Lake Management Society (NALMS)
Watermonsters word geanaliseer vir verskeie eienskappe en kan insluit toetsing vir swaarmetale. Die aanvanklike waterkwaliteit (voordat daar met varswatervisboerdery begin word) behoort as volg te wees:
Suurstof:
Genoeg suurstof in die oppervlakte water: 7 tot 12 mg/L.
Té hoë suurstofvlakke sal buitensporige phytoplanktongroei toon en die risiko verhoog dat suurstof kan opraak as die phytoplankton afsterf.

pH:
Oppervlaktewater pH behoort laer as 8 en tussen 5 en 8 te wees. Die Verskil tussen die oppervlekte en bodemwater pH moet minder as 1.5 wees.

Ammoniak:
Die ammoniakvlakke op die bodem moet nie meer as 1 mg/L wees nie.

TP:
Die totale fosforvlakke (TP) van die oppervlaktewater moenie 50μg/L (0.05 mg/L) oorskry nie.

TN:TP
Die ratio van totale stikstof: totale fosfor (TN:TP) behoort meer as 20 te wees. Dit is om te verhoed dat die vis “af” smaak weens alge.

Sigbaarheid:
Goeie sigbaarheid moet meer as 50 cm wees soos verkry met Secchi-disc lesing.

Translated by Elna Van Rhyn