’n Tipiese Dag van President Mandela

© Eric Miller

Wakker met Dagbreek

President Mandela het sy dag om 5.30, voor dagbreek begin. Soms vroeër, afhangende van die eise aan hom. Hy het sy eie bed gemaak en dan vir 30 minute geoefen. Of hy nou in Kaapstad of in Pretoria was, hy was kort na 07:00 in sy kantoor om sy pos te hanteer.

Sowat 50 briewe en 45 telefoonoproepe is elke dag by sy kantoor ontvang, en alhoewel 90% hiervan bewonderaarsbriewe was, moes dit ook beantwoord word. Die oorblywende 10% het gewissel van mense se bekommernis oor die staat van die land, tot beleide wat aangeneem is of sou wees, uitnodigings, versoeke vir die ondertekening van handtekeninge of sy hulp om die skrywers werk te vind.

Mandela Bewonderaarsbriewe

Die bewonderaarsbriewe was warm en vriendelik, gereeld oordrewe. Een voorbeeld wat na sy ANC kantoor in Shell House Johannesburg gestuur is — sy afleweraar het geweier om die naam van die sender te gee, maar het gesê dat dit ’n vrou met ’n Afrikaanse naam was E-pos aan President@ANC.org.za Van: Mev - Aan: Die President Onderwerp: JY Jy is die beste !!!!!! Ander boodskappe sê: "..... mandjies van liefde."

"..... Oeps! Jammer dat jy nie gelukkige verjaarsdag gesê het nie ... " "Ons waardeer alles wat jy vir gelykheid in die wêreld gedoen het." Een boodskap van ’n familie in Seattle, Washington, in Amerika het die president ’n ‘goeie wense’ gestuur en bygevoeg: "Hoop jy sal ons besoek wanneer jy weer na Seattle toe kom."

Die meeste van die boodskappe wat oor die probleme van Suid-Afrika handel, het op die geweld in die land gefokus, ’n onderwerp wat keer op keer opgekom het. Ander het oor die voorgestelde aborsie-wet en ander politieke vrae van die dag gehandel. Sommige boodskappe was verkeerd geadresseer, soos een wat President Mandela gekritiseer het vir sy aanval op homoseksuele mense. Dit was natuurlik vir Zimbabwe se president, Robert Mugabe, bedoel en is tereg na hom aangestuur. Al die briewe word beantwoord.

Vergaderings, Inligtingsessies en Funksies

Om 8:00 het die President se vergaderings begin met inligtingsessies deur ander ministers of regeringsamptenare en gesprekke met lede van die publiek. Die oggend sessie eindig om 12:45 met middagete, wat gereeld ’n werksete was. Die president vermy rooivleis (alhoewel hy op besoek aan Transkei of ander gebiede waar plaaslike tradisie heers, gekonfronteer word met vleis by elke ete). Hy hou van slaaie en vars vrugte en vermy geblikte kos.

Sy middae word gereeld in vergaderings, perskonferensies of funksies bestee en in die aand is daar somtyds nóg funksies, formele aandetes of selfs ’n vergadering. Sy slaaptyd kan om 21:30 of 23:00 wees, afhangend van sy dag.

Hy het groot energie en kapasiteit vir werk gehad en moes voortdurend gewaarsku word deur sy mediese adviseurs om die tempo van sy aktiwiteite af te bring. Een dag toe hy die film, “A day in the Life of the President” vir die Weekly Mail TV-produksie-eenheid gemaak het, was hy voor Sam waker en het omstreeks 5:30 uit die Umtata-lughawe in die Transkei gevlieg.

Na ontbyt op die vliegtuig het hy om 07.10 die posritueel by die Unie Geboue begin. Daardie selfde dag het hy laatmiddag na Kaapstad gevlieg vir ’n aandfunksie by die Neethlingshof wynlandgoed op Stellenbosch, voordat hy teruggekeer het na sy huis in Houghton, Johannesburg, en om 23:00 gaan slaap het. Dit is ’n skedule wat selfs ’n jong man uitgeput sou maak.

Translated by Nina Joubert

Nelson Mandela's Beginnings

Nelson Rolihlahla (Madiba) Mandela is 'n wonderlike man wat geskiedenis in Suid-Afrika verander het en demokrasie aan die nasie gebring het....more

Nelson Rolihlahla Mandela by Raymond Louw

Maar op daardie tydstip was Mandela reeds ’n leierslid van 'n 60-sterk groep jong ANC-lede wat ongeduldig geraak het met die ANC-leierskap...more