Spinasiebeet Gewasbestuur

© Louise Brodie

Wisselbou

Dit is ’n goeie idee spinasiebeet met ander gewasse af te wissel omdat dit siektes en plae voorkom. Wissel spinasiebeet af met pampoen, boontjies, ertjies, blaarslaai, tamaties, aartappels en kool.

Opbrengs (ton per hektaar)

Konserwatief: 20 ton
Gemiddeld: 30 ton
Goed: 50+ ton

Oes

Die oes van spinasiebeet word gewoonlik met skerp messe of sekels per hand op kleiner persele of boerderye gedoen. Produsente kan dus vir langer periodes oes en sodoende die opbrengs verhoog. Sny slegs die buitenste blare ongeveer 40 mm bo die grond af. Dit moet gereeld gedoen word om groei te bevorder en sodoende opbrengs te verhoog. By groot kommersiële boerderye word dit soms meganies gedoen. Hier is die plantdigtheid ook hoër.

Berging

Spinasiebeet hou nie lank nie en moet so gou as moontlik na oes in ’n koelkamer gehou word. Die beste resultate is by ’n temperatuur van 2°C - 4°C en teen ’n relatiewe humiditeit van bo 85%. Om kwaliteit spinasiebeet te verseker moet dit nie langer as 7 dae gebêre word nie. Die produk moet dus so gou moontlik na oestyd aan die verbruiker verskaf word.

Plae

Aalwurms, snywurms, plantluise, landmeters, blaarmyners en ruspes

Siektes

Blaarvlek, donsskimmel en poeieragtige skimmel.

Translated by Ananda Schoeman