Sorghum in Suid-Afrika

©Grain SA
Sorghum is 'n glutenvrye graan en is die vyfde algemeenste graanopbrengs in die wêreld agter koring, rys, mielies en gars. Dit is 'n langgroeiende, grasagtige plant met plat blare (soos mielies) en produseer korrels in 'n grasagtige pluim.
Deesdae is daar meer as 30 spesies sorghum, maar dit het waarskynlik ontstaan ​​in Ethiopië en versprei na Afrika en ander gematigde streke van die wêreld. Die gekweekte sorghum in Suid-Afrika word gegroei in die droër gebiede van die noordelike provinsies waar dit tussen middel Oktober tot middel Desember geplant word. Die Vrystaat produseer sowat 50% van Suid-Afrika se sorghum. Die gemiddelde produksieopbrengs van die graan se saad is 2 ton/ha.

Gebruik van Sorghum

Sorghum kan vir die volgende doeleindes gebruik word: menslike verbruik, vir diervoeding, as kuilvoer of as hooi. Dit word ook gebruik vir bio-afbreekbare verpakking, muurplank, en vir die vervaardiging van mandjies en borsels.
Die stysel inhoud van graansorghum is 7% - 10% hoër as mielies, wat dit uitstekend maak vir etanolproduksie. Etanol word as brandstof gebruik.

Die Eet van Sorghum

Die sorghumkorrels word in meel gemaal en in pap gebruik (soos 'Maltabella'), ongesuurde brood, koekies, koeke, couscous en gemaalde drankies. As die hele graan geeët word, kry jy die meeste voedingswaarde; week oornag in water en kook as rys.
Sorghum is een van die beste bronne beskikbaar vir dieetvesel. Dit is hoog in proteïene en is 'n goeie bron van yster, fosfor, magnesium, koper, kalsium, sink en kalium. Die semelslag of sorghum het meer antioksidante as bloubessies, aarbeie en pruime.

Sorghum as Dierevoer

Sorghum kan as veevoer gebruik word. Dit is 'n energiebron vir pluimvee, varke en herkouers, beeste, skape ens. Die graan moet verwerk word voordat diere dit kan eet. Dit moet dit gemaal, gekneus en gestoom word vir makliker vertering.
Sorghum dien as 'n belangrike somervoer, as kuilvoer of hooi wanneer dit tydens besproeiing in droë gebiede groei. Stingels wat oorbly na oes kan gewei word, aangesien sommige soorte vir 'n lang tydperk groen bly.
Die hoogste droëstofopbrengste van sorghum word by volwassenheid verkry of wanneer die stamme 80 tot 120 cm lank is. Sulke hoogtes is geskik vir hooi, kuilvoer en groen hak. Dit is die beste vir weiding op 20 tot 30 cm hoogte.

Translated by Hazel Oliver