Sneeu, mis en dou is vorms van neerslae wat bydra tot die beskikbaarheid van vog in landbougebiede. Alhoewel dit nie die hoof vorm van water is vir boerdery nie dra, sneeu, mis en dou tog by tot die skep van ʼn klimaat toestand in ʼn area wat geskik is vir ʼn spesifieke gewas.
Wanneer sneeu op lae hoogtes val, nie net op berge nie, kom sneeu voor op areas van hoë breedtegrade, omvang van poolshoogte van breedtegraad, 35°N en 35°S en omvang van poolshoogte van breedtegraad 35°N en 35°S - die mees noordelike en suidelike dele van die aarde.
Suid-Afrika is in die warmer en gemiddelde middel breedtegrade – noord van 35°S - en dus kry die meeste van die land nie sneeu nie. Slegs die hoë bergreekse kry gereeld sneeu elke winter. Die sneeu is lig en dit smelt gou nadat dit geval het. Sneeu word gevorm in digte, dik lae van wolke (stratiform) wat ook oorvloedige reën kan bring.
Die sneeu wat smelt loop af teen die berge en dra by tot die volmaak van damme en die handhawing van die winter vloei van riviere in somerreënvalgebiede. In vergelyking met reën as ʼn bron wat water vir boerdery is sneeu as ʼn bron baie klein.
Die Koue Bokkeveld naby Ceres in die Wes-Kaap is die enigste boerderygedied waar daar geboer word met sagtevrugte en aartappels, waar die sneeu ʼn paar keer in die winter op die boorde en landerye sal val.
Mis is ʼn dik laag van klein waterdruppeltjies in die laer atmosfeer, dikwels op grondvlak. Mis word gewoonlik in die somer gesien, gewoonlik van laatmiddag tot vroeg in die oggend, maar verdamp in hoër temperature. In areas van golwende heuwels word dit slegs in die laer areas gesien.
Mis kom oor die algemeen voor in die kouer areas van Suid-Afrika, veral tydends somer en in die middel breedtegraad areas onder die oostelike platorand van die land. Die KwaZulu-Natal middelland is die bekendste van hierdie middel breedtegraad areas, wat ʼn spesiale ekologiese sone in die provinsie vorm. Vroeë someroggend mis is al beskryf as ʼn gewasproduksie gevaar in die mis gordel van KwaZulu-Natal. Mis gordel areas is nie geskik vir die produksie van voersorghum (sorghum), as gevolg van die gevaar van swamsiektes soos roes en ergot, wat floreer onder sulke klam toestande nie. Hierdie swamsiektes vervaardig gifstowwe, wat lewendehawe wat sorghum vreet kan beïnvloed.
Aan die ander kant is die mis gordel kondisies ideaal vir die groei van avokado’s, wat 'n hoë relatiewe humiditeit vereis. Hiervolgens moet mis in ag geneem word wanneer daar besluit word watter gewasse in areas op 'n landbougebied aan te plant.
Dou is water in die vorm van klein druppeltjies wat hoofsaaklik op blootgestelde voorwerpe voorkom vroeg in die oggend, maar ook in die aand. Hierdie kondensasie van waterdamp in druppels hang af van 'n spesifieke temperatuur, wat bekend staan as die dou punt. Wanneer 'n oppervlak hitte uitstraal en die oppervlak temperatuur daal tot onder doupunt, vind kondensasie plaas en dou word gevorm. Vir dou om te vorm is ʼn helder, wolklose en windstil aand nodig.
Dou kom voor in die meeste areas van Suid-Afrika, selfs in droë gebiede soos langs die koel Weskus en aangrensende binneland van Suid-Afrika.
Die gereelde voorkoms van dou lei tot gevaarlike siekte verhogings in gewasse soos aartappels, sojabone en spinasiebeet. Dou wat vorm op blare, skep gunstige en vogtige toestande vir die ontwikkeling van swamsiektes.
Translated by Wilma Koeppen