Sampioen Produkte

©Marinda Louw

Die mees algemene manier om sampioene te eet is óf rou in slaai of gekook in botter, olie of ghee. Sampioene kan ook gedroog, ingemaak, gepoeier en verwerk word in skyfies, souse en sop.

Gedroogde sampioene word gerehidreer in water of sous terwyl gedroogde verpoeierde sampioene gesprinkel kan word in geregte soos sop en souse. Sampioene kan gemarineer en gepekeld word met 'n kombinasie van bestanddele soos wyn, olie, asyn, knoffel, kruie en speserye. Sampioen smeer (fyngedrukte sampioene, olie, neute, kruie en speserye) word oor die algemeen gebruik bo-op brood en in pasta en as 'n sous op gebraaide vleis.

Ander-sampioen-verwante produkte sluit in sampioen biltong, sampioen leer en self-groeiende sampioen toerusting om jou eie sampioene te groei. Biltong is tradisioneel gedroogde vleis wat uit gemarineerde en gekruide vleissnitte bestaan. Sampioen biltong is 'n vegan-vriendelike peuselhappie wat gemaak is uit gemarineerde en gedroogde gesnyde sampioene soos Shiitake of oestersampioene.

Sampioen leer groei van miselium (die wortel-agtige struktuur van fungi) en neem twee weke om te groei tot die grootte van 'n standaard beesvel. Self-groeiende sampioen toerusting sluit die spore en substraat (kompos) in om Shiitake, Enoki en Oestersampioene te groei.

Sampioene is ook beskikbaar as-immuun ondersteunende gesondheids aanvullings, sampioen koffie word gemaak en cordyceps sampioene word gebruik in velsorg.

Hoe om Sampioene te Eet

©Asha Yoganandan

Sommige sampioene kan rou geëet word in slaaie maar die meeste sampioene word gaar gemaak met olie, botter of ghee. Daar word geglo dat geroosterde en mikgrogolf sampioene die gesondste manier is om sampioene te kook.

Wanneer sampioene gekook word beveel sjefs aan dat die toevoeging van sout en peper aan die einde van die gaarmaakproses gedoen word. Toevoeging van sout terwyl dit kook trek die vloeistof uit die sampioene en kan dit die verbruining proses vertraag.

Die dik vleis tekstuur en Oemami geur van sampioene maak dit ideaal as 'n vleis plaasvervanger in ʼn vegetariese en vegan dieet. Sampioene is hoog in guanylate, een van die verbindings wat bydra tot die lekker Oemami geur. Die Oemami geur neem toe as bruin knopiesampioene volwasse groei tot groot bruin sampioene (portabella). Vars Shiitake sampioene en gedroogde Shiitake is veral volop in Oemami geur verbindings.

Die Stoor van Sampioene

©Marinda Louw

Ideaal gesproke moet sampioene gestoor word in papier sakke om enige vog wat kan vorm wanneer temperature wissel tydens stoorte te absorbeer. Die raklewe van sampioene is tussen vyf en sewe dae, maar koop altyd ferm sampioene - sponsagtigheid en verlengde stamme (in Agaricus spp) is dikwels 'n teken van sampioene wat naby aan die einde van hul raklewe is.

Sampioene Kompos

Afgesien van die vervaardiging van eetbare sampioene is 'n nuttige byproduk van sampioen boerdery die gebruikte sampioen kompos. Sampioen kompos word gemaak van strooi, hoendermis, gips en water. Na sampioene geoes is kan die gebruikte kompos gebruik word om die waterinfiltrasie waterhouvermoë te verbeter ek ook help om giftige grond te detoksifiseer en die organiese materiaal inhoud te verhoog en te verbeter.

Gebruikte sampioen kompos kan soute en onstabiele organiese materiaal bevat, so dit moet verder in kompos omskep word om behoorlike inlywing in die grond en benutting deur grondmikrobes in staat te stel.

Wat is Truffels?

©Woodford Truffles

Truffels, die vrug liggame van ondergrondse swamme, is 'n duur lekkerny wat groei onder spesiale grondtoestande en word gewoonlik geassosieer met boomwortels. Daar is baie spesies van truffels en hulle groei dikwels in spesifieke gebiede wat verband hou met sekere bome. Die swart truffel word byvoorbeeld gevind naby eikebome, kersie en hazelneut bome in die streek Perigord van Frankryk.

Die meeste gekweekte truffels kom uit Spanje, maar truffels kan ook wild geoes word.

Daar is 'n paar truffel verbouings in Suid-Afrika. Die verbouings is beperk tot gebiede met 'n gemiddelde winter temperatuur van 8°C en fokus hoofsaaklik op die swart Perigord truffel in samewerking met ingeënt eikebome.

Translated by Wilma Koeppen