Sampioen Produksie

©Marinda Louw

Die kommersiële produksie van eetbare sampioene het meer as 30 keer toegeneem sedert 1978, met Shiitake (Lentinus edodes) wat ongeveer 22% van sampioene in die wêreld uitmaak. Ander belangrike tipes sampioen sluit oester, knoppie en bruin sampioene (Agaricus spp), enoki en eetbare sampioene van jellie swamme (Auricularia spp) in. Hierdie vyf tipes sampioene maak 85% van gekweekte sampioene in die wêreld uit.

Afgesien van die kweek van hierdie waardevolle voedsel materiaal wat moontlik kan bydra tot voedselsekuriteit, is sampioen produksie ook 'n doeltreffende benutting van landbou-produkte soos hoendermis en koringstrooi.

Sampioene is 'n voedsame voedselbron wat gebruik kan word vir die vervanging van vleis. Dit het baie gesondheids en medisinale voordele. Daarbenewens na sampioen produksie is die gebruikte sampioen kompos geskik as 'n grond kunsmis te danke aan sy vermoë om organiese materiaal inhoud in die grond te verhoog.

Wat is 'n Sampioen?

'n Sampioen is nie 'n dier of 'n plant nie, maar behoort aan die swamme koninkryk. Sampioene is die vlesige liggame van swamme met 'n stam en hoed maar dit kan ook sekere tipes met geen stam insluit nie. Sampioene groei op 'n substraat (kompos) wat dit gebruik as 'n voedselbron omdat dit geen chlorofil het nie en nie sy eie kos kan produseer soos plante nie.

Alle sampioene produseer spore (of 'sade') wat deur die lug versprei terwyl die res van die sampioen tot volwassenheid op die kompos groei. In die natuur kan hierdie substraat verrotte hout wees maar in kommersiële sampioen plase is hierdie substraat kompos.

Wêreld Produksie van Sampioene

©Sakurai Midori

China is die wêreld se grootste produsent en verbruikers van sampioene met meer as 5 miljoen ton wat per jaar geproduseer word. Italië (761 000 ton), die VSA (390 000 ton), Nederland (301 000 ton) en Pole is ander noemenswaardige produsente.

Suid-Afrika produseer sowat 21 000 ton per jaar (2018) met helfte van die sampioen produsente in Gauteng, 28% in die Wes-Kaap, en 17% in KwaZulu-Natal geleë. Sommige Suid-Afrikaanse sampioene word uitgevoer hoofsaaklik na buurlande soos Namibië en Mauritius.

Geskiedenis van Sampioen Boerdery in Suid-Afrika

Die eerste sampioen plaas in Suid-Afrika was waarskynlik dié van ginekoloog Dr. Charles Kark, in 'n gebied wat nou sentrale Sandton in Johannesburg is. Trouens die stroom wat deur die groen park in die middel van die sentrale sakegebied van Johannesburg loop verwys na 'Silver Stream’, die naam van die sampioen plaas en inmaakfabriek wat tydens die 1950s en 1960s floreer het. Dit is later aan Tiger Brands en toe aan Tongaat Mushrooms verkoop wat teen daardie tyd alreeds vdie maatskappy Denny Mushrooms oorgeneem het.

Die Suid-Afrikaanse Sampioen Boerevereniging (SAMFA) is in 1984 gestig en gebruik ledegeld vir navorsing en bemarking.

Translated by Wilma Koeppen