Samango Monkey
Samango-aap
Naam
Samango-aap [Cercopithecus albogularis]
Vookoms
Die mannetjies is groter as die wyfies met die mannetjies wat ‘n massa bereik van 7-9kg en die wyfies slegs 4-5kg. Die stert is ‘n derde langer as die liggaam. Die pels van sy kop en skouers varieer van donker grys tot swart. Sy gesig, voete, hande en onderste ledemate is swart. Sy maag en keel is romerig wit. Sy boonste ledemate en sye is ligter as die skouers. Die mannetjies se bek is langer om die groter slagtande te akkommodeer.
Dieet
Die dieet van die Samango aap bestaan uit vrugte, blomme, blare en insekte. Die mannetjie Samango aap eet meer vrugte as die wyfie. Die Samango ape sal die dag begin deur vrugte te kies om te eet, en later in die dag sal hulle blare inneem.
Teling
Hierdie primaat is ‘n seisoenale teler. Wyfies skenk geboorte tydens die aanvang van die warm reënseisoen. Een baba apie word gebore na ‘n swangerskap periode van 140 dae. Kleintjies word vir twee tot drie maande deur hul ma’s gedra en word uiteindelik op nege maande gespeen. Mannetjies kompeteer vir die aandag van wyfies wat op hitte is. Die tye wat die wyfies op hitte is volg nie ‘n vaste patroon nie.
Gedrag
Die Samango aap het ‘n harem struktuur waar ‘n enkele dominante mannetjie saam met sy wyfies en hul kleintjies bly. Die sosiale kern word gevorm deur die wyfies van dieselfde familie, wat ook hul grondgebied saam verdedig.
Habitat
Hulle oorleef in moeras woude, ingeslote die bladwisselende sandagtige woude van Noord-KwaZulu Natal, hoewel hulle hoofsaaklik beperk is tot immergroen inheemse woude. Hulle waag dit egter selde in woude kleiner as 50-100 ha.
Waar hulle gevind word
Hulle is nie wydverspreid of algemeen in Suid-Afrika nie, slegs in die kus-boswoude noord van St Lucia-riviermonding in KwaZulu-Natal en in die Afro-Montana-woude van Mpumalanga.
Die reeks strek na soortgelyke habitats in buurlande. Nog meer suidelike subspesies word aangetref in Afro-montane en kusboswoude van Sentraal-en Suid-KwaZulu-Natal, wat in die Oos-Kaap tot net noord van die Knysna-woud strek.
Hoër bevolkingsdigtheid word aangetref aan die noordkus. Die twee Suid-Afrikaanse subspesies word slegs onderskei deur kleurafwykings.