Die Posisie van Vroue in die Venda Kultuur

Belangrikheid van Venda Vroue

©Dr Peter Magubane

Tradisioneel het Venda vroue  nie dieselfde minderwaardige posisies gehad wat  vroue in die meeste Suider-Afrikaanse groepe gehad het nie. In die binnehof van 'n vrou se huis het sy absolute beheer en in die  verlede het ouer vroue 'n belangrike rol in onderwys gespeel en het hulle stories rondom die vuur vertel.

Vroue kan eiendom besit wat gewoonlik aan hulle gegee is deur hulle pa’s, maar dit kan ook oorgeërf word as daar geen manlike erfgenaam is nie. Daar is gevalle van vroue wat as heersers instaan vir 'n minderjarige seun, en 'n Khosi kan ook sy suster as Nduna of mukoma aanstel. Ten minste is een heerskappy (by Mianzwi) deur die vroulike lyn vir geslagte oorgedra.

Die Makhadzi, die ouer suster van 'n huishouding se hoofman, het van al die intieme geheime van die familie geweet en het meer regte oor haar broer se kinders as hulle ma gehad. Baie rituele kon nie sonder haar uitgevoer word nie, en in die geval van die konings het sy 'n belangrike rol in die bepaling van wie die koning moet  opvolg gespeel.

Translated by Wilma Koeppen