Pineapplefish

© Johan Boshoff

Algemene familienaam

Pynappelvis

Alias

Pineconefish; Burrfish

Wetenskaplike naam

Monocentridae

Grootte

Tot 30 cm, gemiddeld 17 cm.

Identifikasie

Ronde, saamgeperste liggaam, met harde, plaat-agtige skubbe met prominente riwwe, wat skildplate genoem word. Buikvinne het een pen wat reguit kan sluit as verdedigingsmeganisme. Geel tot oranje met swart rande om skildplate.

Algemene Inligting

Pynappelvis behoort aan die Monocentridae familie wat bestaan uit twee genera and vier spesies. Aan albei kante van sy laer kakebeen is ‘n bio-liggewende orgaan genaamd ‘photophore’. Dit is oranje gedurende die dag en ‘n blou-groen in die nag. Die ‘photophore’ word gebruik om voedsel te lok. Pynappelvisse word gevind onder rante in ‘n klein skool visse tussen riete. Die visse is natgelike diere en pelagiese broeiers

Voeding

Leef van soöplankton soos klein skaaldiertjies.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.