Die Oorloë Rondom Sterkfontein

Die Magtige Zoeloe-koning

©Roger de la Harpe

In die 1820’s het ‘n magtige Zoeloe- koning, Shaka, al langs die ooskus van Suid-Afrika aan bewind gekom en regeer. Die hele streek was in oproer en konflik. 

Eerder as om die risiko van ‘n oorlog teen die magtige Zoeloeleër te waag, het baie stamme hul voorvaderlike woonplekke verlaat en weggetrek, net om weer ander stamme te verdryf, en so ‘n domino-effek te veroorsaak. Dit was een van die oorsake van ‘n turbulente era genaamd die Mfecane (die onderdrukking).

As deel van sy militêre offensief het Shaka een van sy generaals, Mzilikazi, gestuur om die Sotho opperhoof, Ranisi, op die hoëveld te onderwerp.

Mzilikazi besluit toe dat hy nogal van die wye oop velde hou en het met min moeite die vredeliewende Sotho en Tswanastamme onderwerp. Daarna het hy besluit om weg te breek van Shaka en sy eie nasie, die Matabele (of Ndebele) te vorm. Hy het egter weerwraak deur Shaka gevrees en sy mense verder wes, na die streek rondom die Wieg geneem.

Die Verlore Stad

©Roger de la Harpe

Mzilikazi het sy hoofstat, Kungwini, naby die hedendaagse Pretoria gehad en ‘n woning, Dinaneno, naby die Hartebeespoort Dam gebou. Die impak op die plaaslike stamme moes aansienlik gewees het, want verskeie grotte in die Wieg van die Mensdom dra tekens van beeste wat daar weggesteek is om die speurende oë van die rowende Matabele te mis.

Daar is ook weergawes van wit reisigers in die omgewing wat verwys na verlate klipmuuromheinde statte. Sommige mense beweer dat dit is waar hotelmagnaat Sol Kerzner die idee vir sy “Lost City” ontwikkeling by die beroemde Sun City Resort gekry het, hoewel ‘n mens twyfel of die BaPo mense hul mure vir dieselfde doel gebou het. In 1832 het die Zoeloeleër die rebel Mzilikazi opgespoor en hy moes weer trek.

Hierdie keer het Mzilikazi verder wes getrek na die bosveld rondom Zeerust, en soos hulle getrek het, het Mzilikazi en sy leër in konflik gekom met net mooi almal wat op die Hoëveld gewoon het, insluitend die Griekwa, die Kora en die afstootlike Boere wat vanaf die Kaap getrek het.

In 1836 het die Boere die slag van Vegkop teen Mzilikazi geveg en hom uiteindelik die volgende jaar verslaan (met die hulp van verskeie stamme). Dit het die Matabele oor die Limpoporivier gedryf in die hedendaagse Zimbabwe in, waar Mzilikazi sy nuwe koninkryk, kwaBulawayo, in die Matoppoheuwels gevestig het.

Die Difeqane

©David Fleminger

Hoewel daar tekens is van gevegte tussen die Sotho/Tswanastamme in die dekades voor Shaka en Mzilikazi, was die stabiliteit van die streek nou onherroeplik vernietig en die mense moes nou kompeteer vir die bietjie handel en natuurlike bronne.

Dis genoem die Difeqane (die tyd van konflik) en die enigste mense wat voordeel getrek het hieruit was die Boere wat geen gewetensbesware gehad het om groot stukke land oor te neem by die Sotho/Tswana en goeie plase vir hulself te vestig nie. 

Soos meer en meer Boere arriveer het, het die plaaslike stamme hulle tussen die duiwel en die diepblou see begin bevind totdat die hele streek in 1850 deel van die Zuid-Afrikaanse Republiek verklaar is en die plaaslike mense sonder enige land gelaat het.

Een van die ontheemde stamme was die Po wat ‘n buitengewone sterk leier genaamd Mogale gehad het.  Die Magaliesberge is na hom vernoem, asook Krugerdorp wat herdoop is na Mogale City.

Opperhoof Mogale was ‘n jong man toe die Matabele die eerste keer die land van sy voorvaders rondom die Magaliesberge ingeval het. Ten spyte van moedige weerstand, is die stam gedwing om suidwaarts oor die Vaalrivier te vlug.  Met die aankoms van die Boere het Mogale met hulle onderhandel en hulle het met ‘n gesamentlike leër die Magaliesberge skoongemaak van die oorlogsugtige Matabele.

Om dankie te sê vir hulle bydrae het die Boere die area na opperhoof Mogale vernoem, maar nie sy land aan hom teruggee nie. Hulle het eerder angebied dat die Po op hul nuwe plase mag werk en voortgegaan om die vrug van iemand anders se arbeid te geniet.

Die Verskyning van Goud

©David Fleminger

Vir Mogale was hierdie verraad van die Boere ‘n bitter pil en hy het begin betrokke raak in teen-Boer aktiwiteite soos geweersmokkelary.  Gou het die Boere Mogale met militêre aksie begin dreig en weereens het Mogale met sy mense gevlug na Thaba Nchu naby Bloemfontein. Hy het egter 15 jaar later vrede met die Boere gemaak en met sommige van sy mense teruggetrek na die Magailiesberg.

Maar dinge sou steeds nie glad verloop nie. Eers het die Britte Transvaal annekseer in 1877, net om dit weer teug te gee aan die Boere na ‘n verrassende oorwinning in die Eerste Anglo-Boere-oorlog van 1880. Toe, ‘n paar jaar daarna, word goud ontdek op die Witwatersrand (asook op verskeie plekke in die Wieg van die Mensdom-area).

Die onverwagte ontdekking van goud in wat tot nog toe beskou is as ‘n relatief waardelose stuk boerderygebied, het veroorsaak dat die Britse onderkruipers weer noordwaarts begin kyk het en hulle het baie gou weer hul voorneme om die Transvaalse Republiek te annekseer, aangekondig. Die Boere het geen keuse gehad as om oorlog te maak nie.

Tweede Anglo-Boere-Oorlog

©David Fleminger

Hierdie tweede Anglo-Boere-Oorlog was ‘n baie langer en bloediger konflik wat vir jare geduur het en aan die wêreld sy eerste konsentrasiekampe besorg het. Dosyne gevegte is op verskeie plekke in die land geveg en verskeie hewige onderonsies het in die heuwels en passe van die Magaliesberg (veral die Geveg van Dwarsvlei, naby Maropeng) plaasgevind.

Die Magaliesberg was ‘n strategiese hindernis vir die Boere om te behou omdat dit die enigste roete was waarlangs Britse troepe in Johannesburg kon kommunikeer met hulle besette kamerade in Rustenburg. ‘n Konkrete herinnering aan hierdie lang en bitter oorlog is steeds sigbaar in die Wieg van die Mensdom-area in die vorm van Barton’s Folly naby Hekpoort.

Translated by Elna Van Rhyn