Inisiasie word nog steeds beoefen onder beide mans en vroue in Ndebele gemeenskappe, met die oorgang van kind tot volwassene. Aan die einde van die rituele, mag die geïnisieerdes seksueel aktief raak en met die uitgerekte proses van verlowing en die huwelik begin.
ʼn Belangrike funksie van inisiasie is om ouderdomsgroepe saam te groepeer, en om hulle te onderskei van ander ouderdomsgroepe.Manlike inisiasie (abakhethua) word gedruk om net te assosieer net met ander mans wat deur die inisiasieproses gegaan het.
Met die oog op die versekering van die eksklusiwiteit en elitisme van inisiasies, word die abakhethua opdrag gegee om nie aan oningewydes seuns te openbaar wat gebeur tydens die afsondering in die inisiasie verblyfplek (umphadu) nie.
Deur die proses van inisiasie, word mans en vrouens ingelyf in tradisionele leersaamhede en die diep geheimenisse van die groep. Hierdie kennis word oorgedra van een generasie van ingewydes na die volgende, om te verseker dat die oordrag van kennis in stand gehou word, en die kulturele solidariteit van die groep versterk word.
Manlike inisiasie (wela of ingoma) word onder die Ndzundza-Ndebele ongeveer elke vier jaar gedoen, en die seuns is gewoonlik van15 tot 18 jaar oud. Hul name moet geregistreer wees by die opperhoof (koning). Sodra dit gedoen is en die hoof het 'n datum vasgestel, dra die inisieerder 'n kop gras band (isonyana), wat daarop dui dat hy 'n inisieerder is wat voorberei word. Op hierdie stadium, voer hy vir drie weke verskeie rituele take uit.
Voor die vertrek na die hoofman se verblyf, waar die abakhethua van nabygeleë huise ontmoet, kry elkeen 'n isititirimba (lende doek) wat deur hul oupas gemaak is van 'n dier vel, en 'n enkele, dikwels verslete, kombers, ten spyte van die feit dat ontgroening gewoonlik plaasvind tydens die koudste deel van die winter.
By die hoofman se woning, voer die inisieerders rituele uit, om simbolies afskeid te neem van hulle jeug. Hierna word hulle geneem na die hoof vee stalle. Teen dagbreek, word hulle wakker gemaak en na 'n heilige plek by 'n nabygeleë rivier geneem. Hulle word versprei langs die rivier bank, en besny. Van hier moet hulle die rivier (ukuwela) oorsteek en met neergeslane oë loop onder begeleiding van verskillende inisiasie verblyfplekke se leiers, afhangende van hul dorp van herkoms. Die inisiante bly vir 2 maande in die inisiasie verblyfplekke diep in die bos, waar hulle opdrag gegee word oor die leersaamhede van die groep en hul verantwoordelikhede, pligte en regte as mans.
Na hul tydperk van afsondering, word feeste berei by die abakhethua se huise, en die geskenke wat hulle van familielede ontvang om die bereiking van manlikheid te vier, word vertoon. Wanneer die abakhethua die umphadu verlaat, word dit aan die brand gesteek met die komberse en klere wat hulle gedra het tydens inisiasie, om die voltooiing van hul deurgangsrites en die sluiting van 'n hoofstuk in hul lewens aan te dui. Hierna keer hulle teen sononder terugna na die hoofman se verblyf, styf toegedraai in nuwe komberse, met hul oë neergeslaan in 'n vertoning van nederigheid, soortgelyk toe hulle vir die inisiasie verblyf vertrek het. Onder hulle komberse is die seuns naak met die uitsondering van die isititirimba, wat manlikheid simboliseer.
Daardie aand slaap hulle weer in die vee stal en teen dagbreek die volgende oggend word al die geïnisieerdes in die openbaar geparadeer (ukupalala) en ontvang hulle amptelik hulle regiment name van die hoofman. Hierna keer die lede van die groep terug na hul huise en 'n lang ronde van feesvieringe. Die volgende fase in die jongmanne se lewens is die proses van verlowing en die huwelik waaroor hulle bespiegel, waartydens hulle toegelaat word om beperkte seksuele omgang te geniet.
Vroulike inisiasie (iqhude of ukuthombisa) is minder pynlik as manlike inisiasie, aangesien daar geen klitoridektomie of liggaam verminkings uitgevoer word nie. Die proses begin sodra die meisie puberteit bereik het, beginende die oggend voor die eerste volmaan, wanneer die meisies naak gestroop word en simbolies terug na die natuur gaan, deur al die hare op hul liggame af te skeer. Elke inisieerder word vergesel deur aangestelde gidse - ouer meisies en vroue wat klaar geïnisieer is.
Sodra die meisies voorberei is, bestee hulle die res van die dag aan sang en dans terwyl hulle begelei word deur 'n drom-agtige instrument. In die aand, kom die meisies rondom 'n vuur bymekaar, geklee in 'n kombers wat vir hulle gegee is vir inisiasie, terwyl die gidse hulle kaal uittrek. Hulle sing liedjies voordat hulle in 'n tirade van belediging en gevloekery teen mans, die konsep van manlikheid en manlike geslagsorgane, en vroue wat nog nie geïnisieer is nie begin. Hierdie ritueel van belediging duur dwarsdeur die nag voort.
Vroeg die volgende oggend, gaan die geïnisieerdes en hul gidse na 'n rivier, waar die hulle ritueel gewas word en daarna terug keer na hul huise. Die volgende dag word 'n viering gehou en die geïnisieerdes word weer gewas. Sy gaan dan in afsondering in 'n spesiaal geboude kamer in haar eie huis. In vroeër tye was die tydperk van afsondering drie maande, maar vandag, met die eise van skoolopleiding en indiensneming, is dit verminder na een maand.
Gedurende hierdie tyd, ontvang sy opdrag van haar gidse. Sy word ook besoek deur die oumas van die huishouding, wat haar onderrig op leersaamhede en gebruike, asook haar pligte en verantwoordelikhede. Die belangrikste punt van inisiasie is egter om onderrig te word oor die pligte en praktyke van huis- maak. Tydens haar afsondering, word sy nie toegelaat om met mans te praat of te sien nie, en dus voer sy die huishoudelike pligte wat sy geleer het tydens inisiasie in die nag of in die vroeë oggendure uit.
Aan die einde van die afsondering, word die geïnisieerde na die rivier geneem vir 'n finale was. Haar inisiasie kombers en klere word verbrand, en simboliseer die dood van meisieskap. Sy kry 'n isiphephetu, 'n stywe kralewerk voorskoot, as 'n teken van haar stap van meisieskap na vrouwees. Soos met manlike inisiasie word die veranderde status gevier met gemeenskaplike maaltye by die huise van al die meisies wat die inisiasie ondergaan het. Dit is 'n tyd van vreugde, waartydens die nuwe geïnisieerde vroue in staat is om te flankeer en die aandag van 'n potensiële man te lok.
Translated by Wilma Koeppen