Die Ndebele geskiedenis sluit in die middel van die 19de eeu, toe die Kekana faksie van die Ndebele-stam verdeel het in kleiner splintergroepe wat uit versprei het oor die heuwels, valleie en vlaktes rondom hedendaagse Potgietersrus, Zebediela en Pietersburg. Hierdie groepe is progressief opgeneem in die meer dominante en groter getalle van die omliggende Sotho-groepe, en het aansienlike kulturele veranderinge ondergaan.
In teenstelling hiermee het die afstammelinge van die Ndebele-kapteins Manala en Ndzundza 'n eiesoortige kulturele identiteit gehandhaaf en ook hulle oorspronklike taal behou. Die versiering van huise met kunstige verfwerk, kralewerk en ander versiering word dikwels gepraat oor as die Ndebele se kunswerke terwyl dit in werklikheid meestal geproduseer word deur die Ndzundza-Ndebele van die vorige Suid Transvaal.
In die 1820's, was bewyse wat daarop aangedui het dat daar Ndzundza huise wyd verspreid was langs die Steelpoort. Hierdie verspreiding van huise was deels te danke aan strooptogte deur koning Mzilikazi en sy volgelinge en ook die faksie konflikte ná die dood van Hoofman Magodongo. Vanaf die 1840's, het wit boere wat al hoe meer in die Hoëveld in gemigreer het in groeiende getalle sedert die 1830's, begin om inbreuk te maak op die gebiede wat deur die Ndzundza-Ndebele beset was.
Boere nedersettings het opgekom tussen die Olifants- en Steelpoortrivier, maar die nabyheid van hierdie dorpe aan die Hoofman vesting van Konomtjharhelo, gestig deur die Ndzundza bewindhebber Mabhoko, was lastig vir die Boere sowel as die Ndzundza. Boere het gepoog om die hoofmanskap te onderwerp maar het misluk.
Na die volgende drie agtereenvolgende onsuksesvolle konfrontasies, waarvan sommige gekombineer was deur die Swazi en Boeremagte, het 'n paar Boere die area in wanhoop verlaat, terwyl ander die gesag van Mabhoko erken het en selfs hulde aan hom gebring het. In die laat 1860's en 1870's, was die Ndzundza krag op sy hoogtepunt in die streek.
Na 1877, met die Britse anneksasie van die Transvaal en die 1879 nederlaag van die Pedi deur die Britse, het die balans van mag verskuif weg van Afrikane se onafhanklike koninkryke in die streek.
In die herfs van 1883 het oorlog uitgebreek tussen die Boere en die Ndebele faksie van Ndzundza onder hoof Nyabela, en 'n uitputtingsoorlog strategie van beleg en uitvloei is uitgeoefen deur die Boere onder kommandant Piet Joubert. Vir agt maande was die Nyabela en Ndzundza wat hul verspreide nedersettings langs die Steelpoort agtergelaat het om te groepeer by Konomtjharhelo beleër.
Onlangse bewyse dui daarop dat die goed gewapende Ndzundza in 'n reeks van versterkte nedersettings ingegrawe was wat oor 'n veel groter gebied versprei was. Die vernietiging van Ndebele gewasse en die beslaglegging van hul vee was grootliks die ondergang van die Hoofmanskap, wie se mense onderdanig gemaak is deur geleidelike verhongering.
In Julie het Nyabela oorgegee en het sy Hoofdorp vir die laaste keer verlaat, terwyl die seëvierende Boere dit aan die brand gesteek het agter hom. Die kondisies wat die oorwinnaars toegepas het op die wat verslaan is was baie hard en ongenaakbaar. Nyabela en ander lede van die hoofman se familie was gevange geneem, en al die Ndzundza lande is gekonfiskeer en op ʼn eerste-kom eerste kry basis aan die Boere gegee wat deelgeneem het in die beleg.
Seëvierende Boere is insgelyks bevoordeel deur eerste keuses van die Ndzundza as plaaswerkers gegee te word. Dit het beteken dat die Ndzundza wyd oor die suidelike streke van die Zuid-Afrikaansche Republiek, insluitend die distrikte van Lydenburg, Middelburg, Standerton en Wakkerstroom verstrooi is.
Op die plaas Kafferskraal, nie ver van die ou hoofstad nie, het die Ndebele Ndzundza 'n inisiasieskool (wela) gehou tot die verbasing van Boer amptenare. 'n Hoofmanskap, met geen land en wat nie meer bestaan nie, het 'n inisiasie georganiseer, drie jaar na sy totale vernietiging!
Ver daarvan om die uitwissing van die Ndzundza kultuur te veroorsaak, het hierdie byna eeu-lange diaspora die formatiewe kondisies geskep vir baie sosiale en kulturele funksies wat nou as tipies Ndebele beskou word. Sommige was deels ontleen uit die naburige Pedi, maar gevorm deur die Ndebele terwyl hulle op wit plase gewoon het. Ndzundza seuns se inisiasie inleiding stem ooreen met sy Pedi eweknie sin deurdat dit sentraal beheer word deur die hoofman eerder as om versprei te word tussen die wonings soos die meer tipiese Nguni patroon.
Dit weerlê die gevolge van Ndebele verspreiding oor wit plase, sodat die hoof sy beheer en krag behou ten spyte van groot afstande tussen sy onderdane. Die Ndzundza skildery styl is ook gebaseer op 'n oorspronklike Pedi styl, maar sy kenmerkende skilder manier het ontwikkel in die 1940's terwyl Ndzundza op wit plase gewoon het.
Translated by Wilma Koeppen