Koejawelproduksie

Produkte en Gebruike

©Louise Brodie

Koejawels word oor die algemeen rou geëet, tipies in kwarte verdeel en soos ‘n appel geëet. Die vars vrugte word dikwels in vrugteslaai gebruik of voorgesit met suiker en room as nagereg. Koejawels word ook geëet met ‘n knippie sout en peper en vorm die basis van sommige geurige souse. Omdat die vrug hoë vlakke van pektien bevat, word koejawels dikwels ingespan in die vervaardiging van lekkergoed, gepreserveerde produkte en konfyte. Koejawels word ook versap, ingelê en gedroog.

Globale Produksie

Indië is verreweg die grootste internasionale produsent van koejawels en produseer ongeveer 40% van globale volumes. Daarna volg China, Thailand, Pakistan, Mexiko, Indonesië en Bangladesh.

Suid-Afrikaanse Produksie

Koejawels is vanaf Madeira na Suid-Afrika se Westelike Provinsie ingevoer. Die eerste kommersiële koejawelboord is in 1890 in die Paarl aangeplant deur Faan Retief. Die grootste koejawelproduksiestreke in Suid-Afrika is in die Wes-Kaap, Mpumalanga en Limpopo Provinsies.

Koejawels is hoofsaaklik vir die inmaakbedryf aangeplant in Suid-Afrika, maar mettertyd het produksie vir die varsvrugtemark, versapping, konfyt en droging meer prominent geword. In die Wes-Kaap is daar ‘n herlewing in koejawelproduksie, gedryf deur die inmaak en versappings industrieë. Die meeste koejawels wat in die Wes-Kaap geproduseer word, word gebruik vir prosessering en ongeveer die helfte hiervan word uitgevoer in die vorm van kojawelpuree. Suid-Afrikaanse koejawels word nie as vars vrugte uitgevoer nie weens die raklewe en fitosanitêre redes, maar aansienlike volumes verwerkte koejawelprodukte word jaarliks uitgevoer.

Verkope

©Louise Brodie

Vars
Vars koejawels is redelik kommersieel beskikbaar in Suid-Afrika gedurende die wintermaande tussen April en September.

Ingelê
Kwaliteit ryp koejawels word ge-oes en vervoer na die inlegfabriek waar hulle gesorteer, geskil en ingelê word. Ingelegde koejawels word gebruik as ‘n nagereg, in gebak en in slaaie en hierdie kommoditeit is ‘n waardevolle uitvoerverdiener vir Suid-Afrika.

Pulp en konsentraat
Groot hoeveelhede koejawels word ge-oes en verpulp of verwerk in konsentraat vir sappe vir huishoudelike en internasionale gebruik.

Koejawelsap en vrugtemengsels
Suiwer koejawelsap is ‘n gewilde keuse onder verbruikers. Die sterkte van die koejawelgeur maak di took ideal vir vrugtemengsels met ander vrugte.

Gedroogde koejawels
Gedroogde en versuikerde vrugte, fyn koejawelblokkies en koejawelrolle is gewilde vernaperings.

Translated by Elna Van Rhyn