Kanola Verbouing

© Shem Compion

Kanola is afkomstig van fyn saad, so dit moet nie dieper as 3 cm geplant word nie, wat vlakker is as vir die meeste graangewasse. Vir optimale ontkieming moet die saadbed grond fyn wees sonder groot kluite, klam en moet nie kompak wees nie. Vertraagde ontkieming sal dit moeilik maak vir saailinge om te kompeteer met onkruid en sal hulle ook meer vatbaar maak vir siektes. 

Variëteite

©Marinda Louw

Verskeie rasse Kanola is beskikbaar in Suid-Afrika, wat geklassifiseer word volgens hul koelings vereistes. Die Landbounavorsingsraad Sentrum beveel aan dat boere plantsiektes, groei lengte, opbrengspotensiaal en probleem onkruid moet oorweeg wanneer hulle variëteite kies. Hulle moet ook 'n verskeidenheid kies om produksie risiko's verminder. Dae tot blom wissel van 70-120 dae.

Nuwe Variëteite

Die ontwikkeling van nuwe variëteite is 'n deurlopende proses wat gemik is op die verbetering van die mededingendheid en inkomste potensiaal van 'n gewas. Nuwe variëteite word getoets vir óf weerstand teen verskeie onkruiddoders, siektes, of vir beter gesondheids eienskappe.

Plant

©Shem Compion

Plantdigthede sal verskil van een plaas na 'n ander, afhangende van die plant toerusting en grondtoestande. Oor die algemeen word 'n loting digtheid van 3-4 kg per hektaar gebruik. Die plante moet eweredig uit mekaar gespasieer word vir optimale ontkieming. Kanola word gewoonlik geplant na die eerste reën in April tot vroeg in Junie. Die oes is sensitief vir hitte en droogte tydens die ontkieming proses en blom fase. 

Bevrugting

©Shem Compion

Terwyl 'n tekort aan enige voedingstowwe 'n impak op produksie sal hê, is stikstof en swael die belangrikste elemente wat verband hou met die verbetering van die opbrengs. Volumes wat benodig word hang af van die gewas wat die vorige jaar geproduseer is, die grondtipe, klimaatsfaktore, die tipe van kunsmis wat gebruik is en die tipe van produksie, byvoorbeeld die gebruik van boerderymetodes.

Vra 'n voorligtingsbeampte of kunsmis kundige om te help met 'n program wat die voedingsbehoeftes van jou oes op spesifieke groeistadiums sal aanspreek. Soos byvoorbeeld die toepassing van bemesting wanneer die plant dit die nodigste het en die kosste effektiewe opsie. Om saad skade te voorkom moet stikstof en kalium weg van die saad geplaas word en stikstof toevoeging moet in twee tot drie toedienings geskied.

Mikrovoedingstowwe

Kanola is vatbaar vir boor en molibdeen tekorte en het 'n hoër vereiste vir koper, sink en mangaan as ander graangewasse. Tekorte kan gedurende/voor aanplanting of met blaarbespuitings later reggestel word. 

Baie geld kan bestee word aan die skep van 'n "perfekte gebalanseerde dieet", maar hierdie uitgawe moet gebalanseer word met die inkomste potensiaal, sodat boere steeds 'n wins maak uit die produksie. Swak lande sal byvoorbeeld swak opbrengste lewer, maak nie saak hoeveel kunsmis jy oor dit gooi nie. 

Translated by Wilma Koeppen