Kan Afrika Wurmkruid Kanker Genees?

© Marinda Louw
Daar is ongeveer 400 spesies Artemisia wêreldwyd, maar A. afra is die enigste inheemse spesie in hierdie genus. Dit word herken deur sy veeragtige grys blare en soet ‘taai’ geur wanneer dit aangeraak of geknip word. Wilde-als word gebruik vir sy verskeie medisinale eienskappe in die behandeling van malaria, hoofpyn, wurms en as eetlus-opwekker.
Verhitting van die blare en die inaseming van dampe help om die lugweë skoon te maak en kan simptome van verkoue, griep en asma (soos hoes en ‘n seer keel) behandel. Die wortels, stingels en blare van die plant kan gebruik as tee, enema, pap (kompres van fyngemaakte plantmateriaal), liggaamsprodukte en rome, kan ook gerook word om slym te verwyder en seer keel te verlig. Wilde-als kan ook gedroog en dan gesnuif word of gedrink word as 'n bitter tee vir koliek, hardlywigheid en die verdryf van wurms uit die liggaam.
Die vars blare kan in die neusgate gedruk word om neusbloeding te stop, kan in sokkies vir sweetvoete gebruik word en om brandewyn te geur. Wilde-als kan ook gebruik word as 'n natuurlike insekdoderspuit en motafweerder. Verhitte en gekneusde blare van wilde-als kan aangewend word as 'n kompres om inflammasie soos artritis te verlig terwyl 'n waterige aftreksel gebruik kan word as aambeiroom.
Navorsing word tans gedoen om wilde-als se tradisionele gebruike te bevestig en die gebruik daarvan in moderne siektes soos diabetes, kardiovaskulêre siektes, kanker, respiratoriese siektes te ondersoek, maar daar is vier gebruikspatente op wilde-als uitgeneem. Twee patente is vir diabetes, een is vir kanker en een vir diabetes en kardiovaskulêre siekte. Een van die Daar is ook ‘n studie wat die gebruik van wilde-als om koksidiose in braaikuikens te voorkom, navors.
In Suid-Afrika word blare, blomme en groen stingels geoes vir essensiële olieproduksie. Twee oeste word gemaak, een in midsomer en weer in die laat somer/vroeë herfs. Die essensiële olie wat uit blomblare gedistilleer word, het 'n hoër olieopbrengs sowel as uitstekende gehalte. Oes moet van begin tot middelblomtyd gedoen word wanneer die oliegehalte die beste is. Stoomdistillasie lewer 'n strooi-kleurige, kruierige en effens kamforiese essensiële olie.
Wilde-als olie word in 'n stoombad gebruik om ‘n toe neus en sinusse te verlig of kan by badwater gevoeg word vir menstruele pyn en na ‘n bevalling. Die olie het 'n hoë vlak van tujoon en moet met versigtigheid tydens swangerskap en deur epilepsie-lyers gebruik word. Dit is 'n kruie wat nie langer as 'n 7 tot 10 dae periode geneem moet word nie, aangesien dit hoofpyn en bewerasies kan veroorsaak. Tujoon is teenwoordig in die meeste spesies Artemisia en veral die spesie A. absinthium se hoë konsentrasies dr by tot die sterk likeur Absinthe se hallusinerende eienskappe.
Daar is tans geen geregistreerde kultivars van wilde-als in Suid-Afrika nie. Sommige spesies wat wel in Suid-Afrika gekweek word, is Artemisia absinthium, Artemisia dracunculus (dragon), Artemisia vulgaris (ook bekend as ‘St John se plant’ en groen gemmer) en Artemisia annua (Chinese wilde-als). Artemisia vulgaris groei nou natuurlik in die Oos-Kaap.
Wilde-als is algemeen in Suid-Afrika en het 'n geografiese wye verspreiding. Die struik is 'n gewilde tuinplant en is taai en maklik om te kweek. Dit groei in massas van 0,5 tot 2 m hoog. Voortplanting gebeur deur steggies of sade wat in die lente of somer gesaai word. Die plant verkies goed gedreineerde grond, volson en reageer goed na ‘n goeie terugsnoei.
As gevolg van goeie insekwerende eienskappe is Artemisia 'n nuttige plantmaat (‘companion plant’) om plaagdruk op gewasse te verminder. In die natuur word wilde-als gevind in hoogtes van tot 250 m, langs strome en aan die some van woude. Dit word tans op 'n beperkte skaal in KwaZulu-Natal, Mpumalanga (Nelspruit), Gauteng (Pretoria), Oos-Kaap en Limpopo gekweek.

Mediese Vrywaring

Die inligting is slegs vir opvoedkundige en inligtingdoeleindes en mag nie as mediese advies geïnterpreteer word nie. Dit is nie bedoel om mediese advies of behandeling te vervang wat deur gesondheidswerkers aangebied word nie.

Translated by Hazel Oliver