n Huldeblyk Aan dr. Peter Magubane deur David Meyer-Gollan

© David Meyer-Gollan

Foto’s Is Meer as ’n Duisend Woorde Werd

Van die township-strate tot die invloedrykste gange, Peter Magubane neem al vir meer as ’n halwe eeu die stryd teen Apartheid, en ander sosiale kwessies, af. Gedurende hierdie periode het hy Nelson Mandela goed leer ken – eers as ’n jong politieke leier wat besig is om aandag regoor die land te trek en toe later as ’n ikoon van die struggle.

Oor die jare was ’n verwantskap tussen die twee ‘polittici’ gevorm – die een wat met woorde en aksie gepraat het, en die ander een wat met sy kamera. Na Mandela se vrylating in Februarie 1990 was Magubane as sy amptelike fotograaf gekies om Suid-Afrika se vier-jaar oorgangsperiode na demokrasie af te neem.

Hy het die meeste gemaak van hierdie platvorm, wat hom ontelbare fotografiese geleenthede gebied het om die nuwe politieke bedeling af te neem. Magubane het veral ongeëwenaarde toegang tot Mandela en sy familie gehad.

’n Uitsonderlike Loopbaan

Dr Peter Magubane is een van Suid-Afrika se mees internasionaal bekroonde fotograwe. Hy het sy uitsonderlike loopbaan in 1954 met Drum tydskrif afgeskop, wat hom na die hartjie van die anti-Apartheidsoptogte geneem het. Na sy jare by Drum het Peter in Europa uitgestal, en toe in die Verenigde State gestudeer.

By die huis in 1966 het hy die Rand Daily Mail koerant aangesluit. Tussen die tydperk van Junie 1969 en 1971 het Peter ’n totaal van 586 dae in eensame opsluiting (selstraf) spandeer en was later verban om as ’n fotograaf te werk vir vyf jaar lank. Vanaf die 1980’s het Peter ook vir Time tydskrif gewerk.

In 1990 was hy as Nelson Mandela se amptelike fotograaf gekies om Suid-Afrika se oorgang na ’n nuwe politieke bedeling te op te neem. Peter Magubane het vele toekennings vir sy toewyding en uitmuntende bydrae tot die wêreld van fotografie ontvang. Van hierdie toekennings sluit in: die Mother Jones-Leica Leeftyd Prestasie Toekenning; Martin Luther King Luthuli Toekenning; ’n Broerderskap van die Tom Hopkinson Skool van Joernalistiek, en vier eredoktorate van verskeie Suid-Afrikaanse universiteite.

Daarbenewens was hy die eerste swart Suid-Afrikaanse man om ’n toekenning vir sy fotografie te ontvang in die 1958 Beste Pers Foto’s van die jaar kompetisie. Vandag fokus Peter Magubane sy lens meer op die verskillende tradisies en kulture van Suid-Afrikaners.

Dr Peter Magubane

Dr. Peter Magubane, internasionaal erkende fotojoernalis, is op 18 Januarie 1932 in Vrededorp gebore en was in Sophiatown groot gemaak....more