Hoe om Akkerbone te Groei

© Carl Davies CSIRO
Swartbekboontjies is inheems aan Suid-Afrika en kan in verskeie grondtipes gekweek word. Dit sal selfs ‘n oes lewer in swak grond, maar deur kompos of mis 3 tot 4 weke voor planttyd toe te dien, sal dit baie voordelig wees. Die toedien van fosfor (P) tot die grond kan die saad verbeter.
Toedien van ‘n fosfaatkunsmis (F) is gewoonlik voordelig. Swartbekboontjies kan groei by ‘n pH van tussen 5,6 en 6,5 en verkies sanderige grond. Hulle kry swaar in swaar, nat gronde. Die terugplaas van stikstof in die grond is ‘n eienskap van peulgewasse, maar is moeilik in baie nat gronde.

Swartbekboontjies is ‘n somergewas wat die beste groei as die minimum temperature nie laer is as 10°C nie. Optimale groeitemperature is om en by 30°C. Swartbekboontjies is meer droogtebestand as grondboontjies, sojabone en sonneblomme.
In koeler gebiede behoort swartbekboontjies in die middel van November geplant te word en in warmer gebiede kan die gewas in die middel van Desember geplant word. Moenie swartbekboontjies plant aan die begin van die reënseisoen (begin Oktober) nie of laat in Januarie nie, omdat dit kan lei tot swak opbrengste en rypskade. Sommige insekte is ook meer aktief laat in die groeiseisoen.
Die plantdatum van swartbekboontjies bepaal die gebruik van die gewas. Byvoorbeeld, as dit vir weiding gebruik gaan word, kan dit in Oktober geplant word. Plant sade ongeveer 4 cm diep (wydte van ‘n vuurhoutjiedosie) en 10 cm (net meer as ‘n handbreedte) uitmekaar. Moenie die grond vasstamp nadat geplant is nie, maar druk dit ferm vas om goeie grond-saad-kontak te verseker.

Peste soos plantluise en bolwurm kan probleme wees, maar dis belangrik dat swartbekboontjies nie opeenvolgend op dieselfde land geplant word nie, want dit maak hulle kwesbaar vir nematodes. Die belangrikste siekte van swartbekboontjies is stamvrot. Vir graanproduksie is ‘n kultivar soos Rhino of Glenda die beste en vir hooi is Chappy of Bechuana White die beste.

Oes van Swartbekboontjies

Swartbekboontjies vir graan word geoes wanneer 90% van die peule droog is. Die hele plant word uitgetrek – dit kan gedoen word sodra die peule begin verkleur.
As swartbekboontjies as groente gebruik word, kan die groen blare en jong peule met die hand gepluk word. Swartbekboontjiehooi kan geberg word in bale of hooimiedens.
Kommersiële masjinerie kan gebruik word om swartbekboontjies te dors, maar die peule kan ook in ‘n sak gesit en getrap word, of met ‘n stok geslaan word om die sade te skei van die peule.

Bemarking van Swartbekboontjies

Swartbekboontjies kan verkoop word aan graankoöperasies, saadhandelaars, medeboere of aan voerkrale wat dit sal aanwend as voer vir die diere.

Translated by Elna Van Rhyn