Net soos reën is hael ʼn vorm van neerslag wat kan bydra tot die beskikbaarheid van water in landbougebiede, maar dit kan ook verantwoordelik wees vir omvangryke skade aan gewasse wat nog groei, veral in die hael gordels van Suid-Afrika.
Hael is stukke ys of korrels van ys van 3 mm tot meer as 50 mm in grootte. Omdat die vorming van hael gewoonlik konvektiewe wolke vereis met sterk opwaartse lugstrome, word hael dikwels geassosieer met donderstorms. Hael storms geskied gewoonlik in die middel tot laat middag en duur vir ongeveer 15 minute.
Omdat Suid-Afrika geleë is in die middel breedtegrade, die gematigde sone tussen 30 en 60 grade noord en suid van die ewenaar, is daar ʼn neiging tot ernstige hael storms.
Haelstorms het sterk opwaartse lugstrome, genoegsame ys met voldoende ys kerne en meer as gewoonlik afgekoelde water nodig om te vorm.
Om die kleinste hael storm te vorm het dit opwaarste lugstrome van omtrent 35-55 km/h nodig. Groter hael storms met hael korrels die grote van gholf balle, omtrent 40 mm in deursnee, het opwaartse lugstrome van omtrent 90 km/h nodig om te vorm.
Hael korrels begin vorm op klein bevrore reëndruppels of op sagte ys - klein deeltjies sneeu met 'n brose yskors wat graupel genoem word. Graupel is harde massas sneeuvlokkies. Vir die gevriesde reëndruppels om te groei tot regte hael korrels, moet hulle nog ys bymekaar maak, deur ʼn proses wat akkumulasie genoem word. Om dit reg te kry moet die klein hael korreltjies tyd spandeer in wolke wat baie afgekoel is en die temperatuur onder 0°C is.
Haelstorms geskied wanneer die haelkorrels se grootte veroorsaak dat dit nie meer in die lug gehou kan word deur die opwaartse lugstrome nie, of omdat hulle vasgevang word in 'n valstroom en dan op die aarde neergegooi word. Groot hael korrels val teen ʼn spoed van oor die 160 km/h. Die meeste van die hael smelt voordat dit die aarde bereik, of dit disintegreer in die middel van die hewige donderstorms.
Boere behoort nie gerus gestel te wees om te boer in areas waar daar min hael storms voorkom nie omdat die impak van selfs net een haelstorm ʼn ernstige ekonomiese impak op die produksie van gewasse kan hê. Tafeldruiwe produsente in die Waterberg of Limpopo Provinsie wat “net” een tot drie haelstorms per jaar ervaar installeer byvoorbeeld baie duur nette om hulle wingerde toe te maak en te beskerm.
Hael kom meer voor in die hooglande van KwaZulu-Natal, die noord en westelike dele van die Ooskaap, sentrale Vrystaat en op die Hoëveld areas van Gauteng, die Oos Vrystaat en Mpumalanga, as in ander areas van Suid-Afrika.
Daar is haelstorm ‘brandpunte’ of 'hael gordels in Suid-Afrika. Hierdie areas het 'n baie hoër haelstorm frekwensie as die omliggende gebiede. Die Misgund area in die Langkloof Vallei, een van Suid-Afrika se hoof sagtevruge produksie areas wat onder besproeiing is, is 'n haelstorm brandpunt en ly gereeld verliese.
Nog ʼn groot hael gordel area strek van die suidelike kant van die Winterberge in die Ooskaap vanaf Somerset Oos tot in die noorde van Fort Beaufort. Kommersiële sitrusboere in die Kat Rivier Vallei naby Fort Beaufort lei gereeld skade as gevolg van erg hael storms. In die Ooskaap tydens Desember en Januarie is die hael storms bekend vir die groot hael korrels wat groter as hoender eiers is.
Dit is baie belangrik om te weet wanneer die hael seisoen in seker areas is, oor die verskil aan skade wat aangerig word aan die gewasse tydens hael storms. Ongelukkig kan informasie in verband met die gereeldheid van haelstorms, brandpunte of grote van hael korrels nie gekry word van weerregisters nie.
Translated by Wilma Koeppen