Granaatproduksie in Suid-Afrika
Meer as 4 000 jaar gelede het ‘n appel-grootte leeragtige vrug met helderrooi pitte gewild geraak in Sentraal-Asië en Persië (Iran). Genoem ‘appel met sade’ (of Punica granatum in Latyn), het die granaat oos en wes deur die droë, warm gedeeltes van Indië, Klein-Asië en die Mediterreense kus versprei en is in die Amerikas bekend gestel deur Spaanse handelaars.
Granate groei aan klein, bosagtige boompies of groot struike en het ‘n harde, leeragtige skil. Afhangende van die kultivar kan die skil van geel en rooi tot amper pers wees. Die rooi arullus (pitte) binne-in kan vars geëet word, versap word en die skil word gebruik in Ayurvediese en etiese medisynes.
Die vrugte is ‘n uitstekende bron van antioksidante en granaatpitolie is ‘n ryk bron van punicic suur (antioksidant, anti-inflammatories) en word in natuurlike skoonheidsmiddels en velsorgprodukte gebruik.
Produksiestatistieke van Granate in Suid-Afrika
Granaatproduksie in Suid-Afrika het eers in die vroeë 2000s begin en het gegroei tot net meer as 930 hektaar in 2018. Aanvanklike probleme met siekte-besmette (black spot) plantmateriaal wat vanaf Indië ingevoer is, is oorkom en teen 2005 het die granaatindustrie in Suid-Afrika begin blom.
In Suid-Afrika word granate hoofsaaklik geproduseer in die Wes-Kaap (80%) met aanplantings in die Oranjerivierarea, Limpopo provinsie en die Suid-Kaap.
Tans (2018) is Suid-Afrika een van die vier belangrikste verskaffers van granate uit die suidelike halfrond (SH) aan internasionale markte. Die vernaamste kompetisie kom van Peru (74% van SH uitvoere), Chili (14%) en Argentinië (4%).
Vanaf 2012 tot 2017 het die uitvoer van granate toegeneem met 141% maar in 2018 het uitvoere met ‘n beduidende 19% gedaal. In 2018 is slegs ongeveer 1.17 miljoen kartonne (3.8 kg eenhede) uitgevoer, vergeleke met 1.44 kartonne in 2017. Die verwoestende droogte in 2017/2018 in die Wes-Kaap was vir hierdie drastiese daling in uitvoere verantwoordelik. Hoewel granate droë, warm toestande verkies, veroorsaak waterstres ‘n afname in die hoeveelheid vrugte en ook die grootte daarvan.
Die top-drie invoermarkte vir Suid-Afrikaanse granate is Europa, die Midde-Ooste en die VK. Tussen 2012 en 2018 het uitvoere na Rusland toegeneem met 105% terwyl uitvoere na die Midde-Ooste toegeneem het met 455%.
Suid-Afrika voer slegs granate vanaf Israel in, hoofsaaklik die ‘Wonderful’ variëteit. Handelsooreenkomste verbied die invoer van granate vanaf lande soos Sanje en Italië waar uitstekende variëteite geproduseer word. Sommige hiervan soos ‘Big Fool’ en ‘Kingdom’ word reeds (onder lisensie) getoets in Sid-Afrika.
Pakhuisstatistieke van die totale produksie van granate is soos volg: ongeveer 80% word uitgevoer, 11% word plaaslik verbruik en omtrent 9% word uitgeskot. Hierdie ‘uitskotvrugte’ is meestal gekraak of met siekte besmet en is ook ongeskik om te versap. Die meeste hiervan word as voer vir beeste en varke gebruik.
Die vernaamste granaatkultivars wat vir uitvoer gekweek word in Suid-Afrika, is ‘Wonderful’ (68%), ‘Herskovitz’ (14%), en ‘Acco’ (10%). ‘Kessari/Baghwa’ is die granaat wat meestal in Suid-Afrika verkoop word omdat die kwaliteit nie deurlopend goed genoeg is vir uitvoer nie.
Die meeste nuwe aanlantings van granate is in die Limpopostreke waar 250 – 300 hektaar beplan word vir aanplantings in 2019. Vrugte uit Limpopo kan teen die einde van Januarie geoes word sodat dit die markte in die noordelike halfrond bereik voor die vrugte uit kompeterende lande soos Peru. Die nuut-geplante granaatboorde bestaan meestal uit kultivars soos ‘Wonderful’ en ‘Acco’. In die Wes-Kaap neem aanplantings van ‘Angel Red’ (‘n Amerikaanse kultivar) toe.
Die Kweek van Granate
Granate verkies ‘n Mediterreense klimaat – kouer winters en warm somers. Hulle is sensitief vir wind en ryp. Klimate met hoë humiditeit mag fungale siektes veroorsaak.
Bome moet gesnoei word en baat by besproeiing en uitdun van vrugte nadat dit gevorm is. (Wanneer nuwe vrugte net begin vorm aanneem nadat die bome klaar geblom het).
Granate moet beskerm word teen peste (vals kodlingmot, plantluise, wolluise, dopluise, blaaspootjie, myte, witvlieg, nematodes) en siektes.
Fisologiese probleme kan insluit interne afbreking, vrugte wat oopbars, verkoelingsiekte en wangevormde vrugte.
Granaatbome groei en dra vrugte vir meer as 30 jaar. Behoorlike beplanning, grondvoorbereiding, besproeiingstelsels en kultivarseleksie is noodsaaklik voordat ‘n granaatboord gevestig word. Kommersiële produksie vereis gespesialiseerde lanboukundige praktyke en word gedoen deur ervare vrugteprodusente.
Die Pomegranate Producers Association of South Africa (POMASA) is in 2009 gestig en koördineer die uitruil van inligting tussen granaatkwekers, produsente, bemarkingsagente, kwekerye en navorsers in Suid-Afrika.
Beperkings op die Kweek van Granate
Die kweek van granate in Suid-Afrika mag beperk word deur die beskikbaarheid en kwaliteit van water, die klimaat van sekere areas en ‘n tekort aan vaardighede en kennis by nuwe boere. Meer navorsing oor beter pesbeheermetodes, nuwe kultivars en verbeterde tegnologie soos gespesialiseerde pakskure en ‘n groter reeks geregistreerde chemiese middels sal die uitvoerpotensiaal vand Suid-Afrikaanse granate verhoog.
Translated by Elna Van Rhyn