Geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Haas Industrie
Kommersiële haasproduksie het in Suid-Afrika kortliks na die Wêreld Oorlog II begin. Hase was een van die min tipes vleis beskikbaar gedurende die oorlog in Europa en diensknegte wat teruggekom het, het potensiaal daarin gesien. Die eerste hokke was uit metaalplate gebou en was drie vlakke hoog.
Die hase wat mee geboer was, was meestal die New Zeeland White -tipe en New Zeeland Red -tipe wat ingevoer was in die laat 1940’s uit Engeland. Die Kaliforniese haas het van die VSA ingekom in die 60’s saam met ’n verskillende New Zeeland White. Hierdie hase was beter kommersiële produseerders as die Whites van die UK. Op die oomblik word slegs die Amerikaanse New Zeeland Whites in Suid-Afrika gebruik.
Haasboerdery het vanaf die Transvaal na Natal versprei, waar daar ’n aantal groot plase opgerig was met die doel om vleis aan die skeepsmense te voorsien. Omtrent dieselfde tyd as wat die eerste kommersiële vleishase ingevoer was, was die Flemish Giants ook (’n gier haas, maar die verkeerde grootte/vorm vir vleisproduksie) en die Silver Foxes (’n beide doel haas) ingevoer van die VK af.
In die vroeë dae was kommersiële boerderye egter slegs op vleis ingestel. Marion Keller (skrywer van die boek ‘Rabbit Breeding in South Africa', gepubliseer in die mid-‘70's) was een van die eerste kommersiële produseerders en het haar plaas in Johannesburg met vleishase en Angoras begin.
In die mid-60's het Mev Keller geïnteresseerd geraak in die ontwikkeling van sekondêre produkte – haaspelse- en het kontak gemaak met Thorer’s Kaapstad, gespesialiseerde karakulleerlooiers. Thorer’s het toe begin om alle pelse wat beskikbaar is te looi. ’n Man met die naam Breger het toe begin om pragtige jasse, baadjies, hoedens en nog meer te maak, alles van kwaliteit Rex, Fox en Beveran pelse.
Hierdie verskillende haaspelsrasse was oor die jare stadig besig om ingevoer te word deur verskillende telers. Enige pels wat nie goed genoeg was vir die pelsmark nie, was verkoop by agri-skoue soos die ou Goodwood Skou in Kaapstad, die Rand skou en Royal Skou in Pietermaritzburg.
Die Suid-Afrikaanse Haas Raad was om en by in 1950 in Johannesburg gevorm. Die doel van die Raad was om die groeiende haasindustrie met kennis, skoue en bemarking te ondersteun. Die Rand Skou van 1952 het meer as 1000 inskrywings vir hase gehad en was deur Marion Keller, Bill Elliot, Ronnie Watters en die great Mrs G M Stewart beoordeel. Tot op datum was daar nog nie ’n skou met hierdie groot getal inskrywings nie.
Ongelukkig het vinnige rykword skemas in die industrie ingekruip en veroorsaak dat groot skade gelei was deur oningeligte nuwelinge. Dit het ’n hoogte bereik in die 1980's toe niksvermoedende boere aangemoedig was om hase onder kontrak te boer.
Duisende hase was op die tyd geboer maar hulle het nooit die slagpale gehaal nie, omdat geen markpromosies gedoen was nie. Honderde mense het duisende rande verloor en die industrie het heeltemal inmekaar geval. Dit was slegs die gier hase en lede van klubs wat spesialiteitrasse geboer het wat dit weerstaan het.
Die haas wêreld vandag bevind homself in ’n heeltemal ander situasie. Ons telers vandag moet veeboere wees om te oorleef omdat die dae van invoer na hartelus verby is. Suid-Afrika is deur kans en goeie geluk een van die min lande in die wêreld wat vry is van twee groot dodelike siektes - myxomatosis en viral hemorrhagic siekte. As gevolg daarvan is ons grense vir invoer gesluit, so telers moet met dit wat hulle het werk en daarmee verbeter ook.
Anders as gedurende die nagmerrie situasie van die 1980's, het Suid-Afrika nou ’n konsortium van boere, onder die vlag van Coniglio Rabbit Meat Farms. Die maatskappy het lewensvatbare uitvoermarkte, slagfasiliteite en bied boere ’n grondige besigheidsplan.
Maar vir boere wat wens om hul eie markte te ontwikkel is daar ook plek om te groei en ’n goeie lewe van vliesproduksie te maak. Onthou asseblief dat alle huiswerk gedoen moet word wanneer begin met ’n boerdery – maak seker dat slagfasiliteite en markte beskikbaar is voordat jy begin boer.
Translated by Nina Joubert