Gemmer Gewasbestuur

© Louise Brodie

Wisselbou

Om plae en siektes te voorkom moet die gemmer met ander gewasse afgewissel word. Dit is egter nie nodig as die area op ’n deurlopende basis gebruik word om gemmer te produseer en ’n ordentlike gewas beskermingsprogram gevolg word nie.

Opbrengs - Ton per Hektaar

Konserwatief: 20 ton
Gemiddeld: 35 ton
Goed: 50 ton

Oes

Midseisoen gemmer word gewoonlik aan die begin van die herfs in April en Mei geoes. Laat-seisoen gemmer word as die blare begin droog raak en doodgaan geoes, gewoonlik Junie en Julie. Midseisoen en laat-seisoen gemmer word meganies met ’n aartappeloesmasjien geoes. Al die risome (knolle) moet verwyder word aangesien dit weer sal groei as die klimaat warmer word. Vroeë-seisoen gemmer wat vir preservering gebruik word moet geen vesel bevat nie en word vyf maande na aanplanting met die hand geoes om skade aan die risome te voorkom.

Berging

Vars gemmer bederf vinnig en die gemmer risome (knolle) word dus na die oes gekuur deur warm lug in die kratte te blaas. Dit neem ongeveer een week. Gemmer kan suksesvol vir tot 12 maande teen ’n temperatuur van 15°C en ’n relatiewe humiditeit van 80% gestoor word.

Siektes en Plae

Plae en siektes wat met gemmer produksie verband hou wissel regoor die wêreld. Vir die gepaste bestryding van siektes en plae is dit raadsaam om die aanbevelings van u plaaslike landbou-voorligtingsbeampte of u chemiese maatskappy se adviseur te volg.

Plae

Algemene plae is aalwurms (nematodes), witluise (mealy bugs), plantluise (aphids) en stamboorders (shoot borers).

Siektes

Algemene siektes is fusarium vrot (fusarium rot), sagtevrot (bacterial rot), bakteriese verwelk (bacterial wilt) en blaarvlek (leaf spot).

Translated by Ananda Schoeman