Die Richtersveld Gemeenskapsbehoud

'n Konsep op Papier

©Shem Compion
Die groot bewaringsgebied in die Richtersveld is die ‘Richtersveld Community Conservancy’ (RCC). Hierdie entiteit het in 1998 as 'n konsepverslag begin en het hand-in-hand gegaan met die toepassing van die Wêrelderfenisproses.
Dit was geondersteun deur verskillende internasionale en plaaslike erfenis agentskappe (soos NORAD – Norwegian Agency for Development Cooperation), Noordkaap Departement van Kuns en Kultuur en Eko-Afrika omgewings konsultante.
Deur middel van uitgebreide werkswinkels en konsultasies word die konserwatiewe konsep verster, as deel van 'n groter geïntegreerde ontwikkelingsbeplanningsproses vir die streek. Die gemeenskap het dus die visie gehad om 'n kulturele gebied te skep, waar natuurlike en kulturele hulpbronne onder 'n beleid vir volhoubare ontwikkeling beskerm sou word.
Verskillende bestuursplanne is opgestel en in 2004 is 'n bestuur kommitee gekies met 'n voltydse bewarings bestuurder en administratiewe offisier. Tans is die hoofkwartier van die RCC in Eksteenfontein.

‘n Opmerklike Plek

©David Fleminger
In 2005 het die Departement van Omgewingsake en Toerisme (DEAT) R6 miljoen geborg om met instandhouding te help om infrastruktuur en akkommodasie te ontwikkel.
Die Noord-Kaapse Provinsiale Administrasie het ook onderhandelinge begin om die aangrensende (en heeltemal onontwikkelde) Helskloof-reservaat oor te dra aan die bewaring.
Vandag is die Richtersveld Community Conservancy (RCC) 'n merkwaardige plek. Dit is 'n biologiese en kulturele reservaat wat toegewy is aan biodiversiteitsbewaring. Daar is beplan om 'n wetenskaplike navorsingstasie te stig.
Dit is ook 'n kulturele reserwe, waar die ou menslike tradisies beskerm en aangemoedig word om hul vroeër lewenstyl en visie voort te leef.

'n Tweesnydende Swaard

©David Fleminger
Ongelukkig is toerisme 'n tweesnydende swaard. Die ekosisteem in die Richtersveld Gemeenskapsbehoud en die Richtersveld Nasionale Park is broos.
Dit word reeds bedreig deur oorbeweiding en ander omgewingsfaktore, asook ongekontroleerde toerisme wat die situasie erger maak. Toeriste is, volgens natuur, vernietigende diere.
Jagters vertrap delikate plante, hul motors (indien onverantwoordelik bestuur) kan die landskap vernietig, en hul teenwoordigheid kan versteuring veroorsaak in 'n dorp met kulturele tradisies wat hulle in die eerste plek aangetrek het.
Dus, alle nuwe toeriste inisiatiewe in die Richtersveld is sorgvuldig beplan en gekontroleerd sodat die toeriste nie die ekologiese goue gans doodmaak nie. Met ander woorde, alle belanghebbers in die streek werk saam om te verseker dat toerisme en ontwikkelingstrategieë op ‘n verantwoordelike en volhoubare wyse geïmplementeer word.

Translated by Hazel Oliver